Watertoevoer na gebiede in Bloemfontein herstel

Loading player...
Watertoevoer na gebiede in Bloemfontein wat sedert verlede week Maandag met leë krane sit, is herstel. DA-raadslid en waterkenner, Rossouw Botes, sê Pellissier, Ferreira, Lourierspark en Bloemdal het Saterdagaand reeds water gehad nadat ‘n ondergrondse deel van die pyplyn buite die stad na die Brandkop-reservoir in Bloemfontein gebars het. Botes sê teen gister het al elf gebiede wat geraak is kraanwater gehad, hoewel sekere gebiede se waterdrukking swak was. Dit kom nadat ’n waterpyp van die Welbedachtdam na die Brandkop-reservoir verlede Maandag gebars het. Sekere gebiede in die stad het teen Donderdag water gehad, maar Vrydag in die vroeë oggendure het ’n ander eenheid van die pyplyn gebars. Botes sê Bloemwater het ’n bedrywige tyd agter die rug.
15 Feb 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Mfundisi Maqubela

Mfundisi Maqubela the head of communications of the department of public works, and infrastructure talking about the veterinary hub for Ladybrand
16 Mar 8AM 9 min