Klasse vir tweede dag by NWU in Mafikeng-kampus opgeskort na geweld

Loading player...
Klasse is vir 'n tweede agtereenvolgende dag by die Noordwes Universiteit se Mafikeng kampus opgeskort en die personeel is versoek om die kampus te verlaat ter wille van hul eie veiligheid. Klasse is gister onderbreek deur studente wat ook die administratiewe gebou bestorm en skade aan die gange sowel as die buitekant van die gebou veroorsaak het. Volgens kampus-woordvoerder Koos Degenaar is die presiese omvang van die skade nog nie bekend nie. 'n Groep EFF Student Command ondersteuners, insluitend studente van ander universiteite in Gauteng wat die geskorste SR-president Benz Mabengwana ondersteun, het glo die klasse ontwrig. OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat hulle glo geëis het dat alle aanklagtes teen Mabengwane teruggetrek word.
16 Feb 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Mfundisi Maqubela

Mfundisi Maqubela the head of communications of the department of public works, and infrastructure talking about the veterinary hub for Ladybrand
16 Mar 8AM 9 min