Twee moet binne ’n week R400 000 aan Aurora werknemers opdok

Loading player...
Solidariteit sê hy sal nie ophou om die veelbesproke Aurora-saak te dryf totdat geregtigheid geskied en die voormalige Pamodzi-werkers hul uitstaande geld ontvang het nie.

Die vakbond se hoofsekretaris Gideon du Plessis se komentaar volg nadat nog twee mense ingevolge ’n terugbetalingooreenkoms eersdaags sal moet opdok vir hul onregmatige bevoordeling uit die voormalige Pamodzi-myne.

Kragtens die ooreenkoms moet Mohamed Firoze Limbada en Zeenat Ebrahim Laher binne die volgende sewe dae R400 000 aan die likwidateurs van die myne terugbetaal, waarna hulle 'n verdere R3,6 miljoen in maandelikse paaiemente van R150 000 moet terugbetaal. Dié skikking volg kort op die ooreenkoms wat verlede week met ses lede van die Bhana-familie bereik is. Hiervolgens moet hulle R6 miljoen aan die likwidateurs terugbetaal.

Du Plessis sê hierdie skikkings is egter slegs 'n druppel in die emmer.
16 Feb 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Mfundisi Maqubela

Mfundisi Maqubela the head of communications of the department of public works, and infrastructure talking about the veterinary hub for Ladybrand
16 Mar 8AM 9 min