VPI-aankondiging: Effense verhoging in rentekoers kan te wagte wees

Loading player...
'n Politieke ontleder sê ‘n effense verhoging in die rentekoers kan te wagte wees ná gister se aankondiging van Januarie se verbruikersprysindeks (VPI) van 6,2% - hoër as die verwagte 6% vir Januarie.

André Mellet van die Noordwes-Universiteit sê die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het in Januarie inflasieverwagtinge vir die jaar op 6,8% geskat, teenoor verlede jaar se inflasiekoers van 4,6%.

Hy sê dit moet egter in gedagte gehou word dat die Reserwebank nie die rentekoers met 1%-intervalle aanpas nie, maar met 0,25%- of 0,5%-intervalle. Mellet meen daar is tog ‘n kans van nog een of selfs twee sulke verhogings.

Al erken die Reserwebank dat daar ‘n probleem bestaan wat groei betref, is hul rentekoersverhogings volgens Mellet nie om groei te stimuleer nie, maar is die doel daarvan om finansiële stabiliteit te bewerkstellig.

Die verbruikersprysindeks is die jaar-tot-jaar-styging van die “mandjie” goedere en dienste, oftewel die koers waarteen pryse vir verbruikers styg.
18 Feb 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Mfundisi Maqubela

Mfundisi Maqubela the head of communications of the department of public works, and infrastructure talking about the veterinary hub for Ladybrand
16 Mar 8AM 9 min