NWU Mafikeng studente moet na Potch of Vaaldriehoek oorgeplaas word: Sasco

Loading player...
Die bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) moet 'n ondersoek loods na die lewensvatbaarheid van studente se eise dat hulle vanaf die Mafikeng-kampus na die instelling se twee suster-kampusse oorgeplaas word.

Die Suid-Afrikaanse Studentekongres (SASCO) se taksekretaris in Noordwes, Dingaan Lorathu, se komentaar volg nadat die Mafikeng-kampus onbepaald gesluit is na Woensdag se geweldadige studentebetoging waarin twee geboue aan die brand gesteek is.

Volgens Lorathu hou die sluiting van die kampus ernstige gevolge vir studente in, en moet die bestuur bepaal of hulle op Potchefstroom en in die Vaaldriehoek geakkomodeer kan word.
25 Feb 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Mfundisi Maqubela

Mfundisi Maqubela the head of communications of the department of public works, and infrastructure talking about the veterinary hub for Ladybrand
16 Mar 8AM 9 min