Voorsorgmaatreëls in plek by NWU se Potch-kampus

Loading player...
Akademiese en administratiewe dienste op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus sal vandag voortgaan. Om dit verseker is ‘n hofbevel ook bekom om enige protesaksie deur betogers op dié kampus te verhoed. NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê die bevel verbied enige vorm van ontwrigting of inmenging op die kampus. Jacobs sê dit kom nadat daar Vrydag onwettige protesaksies op dié kampus asook by die NWU se Institisionele kantoor was. Rommel is deur betogers gestrooi, maar geen eiendom is beskadig nie. Niemand is ook beseer nie. Jacobs sê sekuriteit is opnuut verskerp.

Intussen bly die NWU se Mafikeng-kampus onbepaald gesluit na gewelddadige betogings verlede week uitgebreek het. Jacobs sê die kampusbestuur moet met oplossings kom sodat die kampus weer ten volle funksioneer. Studente gaan nie elders gehuisves word nie.
29 Feb 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Mfundisi Maqubela

Mfundisi Maqubela the head of communications of the department of public works, and infrastructure talking about the veterinary hub for Ladybrand
16 Mar 8AM 9 min