Richmond het vyf nuwe onnies

Loading player...
Daar is vyf nuwe onderwysers vroeg vanjaar aangestel op Richmond in die Noord-Kaap waar ouers kinders vir die tweede week keer om skool by te woon.

Sydney Stander, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, sê die departement moes vroeër skole saam voeg op Richmond wat dubbelmedium onderwysers vereis het. Hy sê die onderwysers is aangestel na versoeke deur die gemeenskap.

Stander sê die vervanging van asbes klaskamers by skole in die provinsie is ‘n aaneenlopende proses elke begrotingsjaar, soos geld beskikbaar word.

Hy sê die ouers se optrede tans om kinders uit die skole te hou het niks met ‘n onderwys aangeleentheid te doen nie.

Stander sê gesprekke om die kinders terug in skool te kry is aaneenlopend.

Ouer by Bennie Groenewald Pre-primêr, Laerskool Ikhaya en Hoërskool Richmond hou leerders weg van die banke weens ‘n beweerde tekort aan onderwysers, toerusting en asbes klaskamers wat nie vervang word nie.
3 Mar 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Mfundisi Maqubela

Mfundisi Maqubela the head of communications of the department of public works, and infrastructure talking about the veterinary hub for Ladybrand
16 Mar 8AM 9 min