'Reuse taak om vrye en regverdige verkiesing in Tlokwe te verseker'

Loading player...
'n Politieke ontleder sê die OVK staan voor ’n reuse taak om ’n vrye en regverdige verkiesing in Tlokwe, Noordwes te verseker.

André Duvenhage se komentaar kom te midde van die kiesersregistrasie-naweek wat vandag en môre landwyd plaasvind.

Die Grondwethof het onlangs die uitslae van die 2013 tussenverkiesings in Tlokwe ter syde gestel ná onreëlmatighede tydens die registrasieproses.

Duvenhage sê die omgewing is baie onbestendig.

Die provinsiale verkiesingsbeampte, Tumi Thiba, sê intussen 4 000 personeel staan gereed by meer as 1 700 registrasiepunte in Noordwes die naweek.

Thiba het inwoners gemaan om ’n bewys van woonadres gereed te hê of ’n verklaring wat hul woonadres bevestig, voordat hulle vir registrasie aanmeld.
5 Mar 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Mfundisi Maqubela

Mfundisi Maqubela the head of communications of the department of public works, and infrastructure talking about the veterinary hub for Ladybrand
16 Mar 8AM 9 min