17:30 - 18 Julie 2017
Loading player...
Die verdedigende Curriebeker kampioene, die Toyota Vrystaat Cheetahs het hul sterkste moontlike span gekies vir hul veldtog wat Vrydagaand teen die Haaie begin. Die 22-man span sluit in die drie Springbok Sewes ysters, Rosco Specman, Chris Dry en Cecil Afrika.
Suid-Afrika se nuutste naelloop-ster, Tshenolo Lemao, is terug in Bloemfontein nadat hy verlede week die 100m goud gewen het tydens die Onder-18 Wêreldkampioenskap in Nairobi.
Die Premiersokker-liga klub, Bloemfontein Celtic, is op die nippertjie om die doelskieter, Ndumino Mabena, te kontrakteer. Die speler is tans met geen span gekontrakteer nie nadat hy aan die einde van verlede maand Platinum Stars verlaat het.