17:30 Sport - 31 Julie 2017

Loading player...
Die Lions het begin met wat sonder twyfel hul grootste week in Super Rugby is met die span wat Saterdag vir die Crusaders gaan pak in die eindstryd. Die span was met 22-3 agter en het teruggeveg om die Hurricanes met 44-29 te troef en het sodoende ook die verdedigende kampioene uitgeskakel.

Die Proteas se aanvangskolwer, Dean Elgar, het sy 8ste toetshondredtal gemoker tydens die span se tweede beurt van die derde toets teen Engeland. Suid-Afrika was vroeg vanoogend diep in die moeilikheid gewees toe Temba Bavuma en Vernon Philander met opeenvolgende aflewerings deur Tobie Roland-Jones bvp betrap was.

Dit is ‘n uitgemaakde saak datdie wêreld 400m kampioene, Wayde van Niekerk, die sogenaamde dubble gaan doen tydens die Atletiek Wêreld Kampioenskappe in London wat die week begin. Van Niekerk is as die gunsteling beskou om sy 400m titel wat hy twee jaar gelede in Beijing gewen het te verdedig, en hy gaan ook aan die 200m naelloop deelneem.
31 Jul 2017 11AM English South Africa News · Business

Other recent episodes