17:30 Sport - 2 Augustus 2017
Loading player...
Bo en behalwe die Toyota Cheetahs en die Southern Kings gaan ‘n totaal van 33 Suid-Afrikaners tydens die Guinness Pro14 vanaf September in aksie wees. Gister het Keltiese Rugby die deelname van die twee Suid-Afrikaanse spanne bevestig.
Die Proteas se kaptein, Faf du Plessis, het die idee om die aanvangskolwer Heino Kuhn vir die vierde en laaste toets teen Engeland weg te laat, as ‘n slegte een afgemaak. Die 33-jarige Kuhn het tydens die eerste toets by Lords sy toetsdebuut gemaak en het net 78 lopies aangeteken teen ‘n gemiddeld van 13 in ses beurte.
Die Sweedse breier, Kjell Jonevret, het as die hoofafrigter van Orlando Pirates bedank. Dít ná minder as ses maande in die pos by Mayfair.