17:30 Sport - 14 August 2017

Loading player...
Die Springbokbestuur sweet oor die fiksheid van die vaskopstut, Frans Malherbe, voor die naweek se Rugby-kampioenskap kragmeting teen Argentinië in Port Elizabeth. Die speler het oor pyn in sy nek gekla, en oor die naweek het die pyn ook in sy arm begin. Die spandokter, Conrad von Hagen, het bevestig dat die speler vandag vir ‘n skandering gaan.

Die wêreld en Olimpiese 800m kampioen, Caster Semenya van Potchefstroom, het die rekord van goue medaljes in hierdie item van Maria Mutola geëwenaar met toe sy gisteraand in Londen koning gekraai het. Semenya het die wedloop in ‘n persoonlike beste tyd van 1:55.16 gewen vir haar derde wêreldtitel om by haar twee Olimpiese titels te voeg.

Louis Oosthuizen het tot die 20ste plek geklim op die amptelike gholf-wêreldranglys, ná sy gesamentlike tweede plek tydens die PGA-kampioenskap by Quail Hollow. Dit beteken dat die speler nou amptelik die voorste gholfspeler in Suid-Afrika is.
14 Aug 2017 11AM English South Africa News · Business

Other recent episodes