17:30 Sport - 22 August 2017

Loading player...
Die Springbok-flank, Jaco Kriel, het gewaarsku van 'n Argentynse-terugslag wanneer hulle die naweek die Poemas in Salta aanpak. Die Springbokke het hul Suid-Amerikaanse eweknieë oortuigend met 37-15 in Port Elizabeth verslaan en dit het daartoe gelei dat die span tot 4de op die jongste Wêreldrugby-ranglys geklim het. Byna presies 'n jaar gelede het die Springbokke 26-24 op dieselfde veld in Salta vasgeval.

Die Bloemfontein Celtic-doelskieter, Tshegofatso Mabasa, is nie beskikbaar vir môreaand se Premiersokkerliga-kragmeting teen Golden Arrows nie. Die nuwe Bafana Bafana-speler het Saterdag sy internasionale buiging gemaak, maar is egter nie in die span vir die Afrikabeker-kwalifiseerder teen Cape Verde nie. Celtic het hul PSL-veldtog goed begin toe hulle Sondag punte met Kaizer Chiefs gedeel het.

Die Bloemfonteinse langafstandatleet, Kesa Molotsane, is bykans verseker van die nagenoeg R175 000-prysgeld asook die 2017 Spar Grand Prix-titel. Molotsane het oor die naweek 10 bonuspunte ingepalm toe sy die Pietermaritzburg-been van die Vroue 10km Uitdaagreeks gewen het. Dit het die Suid-Afrikaanse landloopkampioen van ‘n bykans onaantasbare voorsprong in die reeks verseker met 137 punte, 21 meer as Irvette van Zyl.
22 Aug 2017 11AM English South Africa News · Business

Other recent episodes