17:30 Sport - 23 Augustus 2017
Loading player...
Die Springbokke het vanoggend om 11-uur na Argentinië gevlieg vir hul Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Poemas. Die twee spanne sal in Salta koppe stamp, op dieselfde veld waar die Bokke ‘n jaar gelede met 26-24 vasgeval het. Die Toyota Cheetahs se kaptein, Francois Venter, is ook op die vlug, en so ook Jano Vermaak wat die beseerde Ross Cronjé vervang het.
Die jaarlikse VKB Knights se toekenningsgeleentheid vind vanaand in Bloemfontein plaas. Die funksie is die afskop van die span se seisoen, en die jaar beloof om groter as van te vore te wees, siende die Global T20-liga in die Rosestad gespeel gaan word. Die Knights het ‘n baie goeie seisoen agter die blad nadat hulle die Sunfoil-reeks trofee gewen het, en hulle het ook deurgedring tot die halfeindtryd van die Momentum Eendagbeker.
Die tweede rondte van die Premier Sokkerliga hervat vanaand met vyf wedstryde wat gespeel sal word. In Lamontville kom Clinton Larsen se Golden Arrows teen Bloemfontein Celtic te staan. In die Moederstad pak Cape Town City FC vir Platinum Stars, en Maritzburg United meet kragte met Ajax Cape Town by die Harry Gwala-stadion. Wits is weg teen Free State Stars in Bethlehem, en die Soweto-reus Kaizer Chiefs meet kragte met SuperSport United.