Tienermeisies in Botshabelo vermoor

Loading player...
Bloemfontein - Die polisie in die Vrystaat soek verdagtes nadat die liggame van twee tienermeisies die naweek in 'n industriële gebied op Botshabelo ontdek is. Woordvoerder Thandi Mbambo sê twee werknemers van Botshabelo Industries het gisteroggend op die half-naakte liggame van 'n 16- en 18-jarige meisie afgekom.

Sy sê albei die oorledenes het altwee verskeie steekwonde aan hul bo-lyf gehad. Dis ook moontlik dat hulle verkrag is.

Mbambo sê niemand is nog in verband met voorval aangekeer nie en die saak is tussen aan die provinsiale taakspan oorhanding.

Die meisies is laas by 'n nagwaak gesien. Hulle het omstreeks middernag na 'n taverne geloop om sigarette te koop en het nie terug gekeer nie.

Enige persoon met inligting word versoek om Konstabel Buza Monyaki by 078 265 0205 of Crime Stop op 08600 10111 te skakel. - Mark Steenbok
10 Sep 2017 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes