
Centlec sê oor probleme met koopkrag
Loading player...
Die Mangaung-metro se kragvoorsiener, Centlec, werk onverpoos om ‘n probleem met hul koopkragstelsel, op te los. Dit kom nadat krag sedert gister nie vir die publiek by kooppunte beskikbaar was nie weens probleme met die stelsel. Die woordvoerder vir Centlec, Lele Mamathu sê die probleem is deur ‘n kragonderbreking veroorsaak. Hy noem dat groot dele van Bloemfontein geraak word. - Mark Steenbok

