Agri: maandag 13:30

Loading player...
Intro:
I'm ... and here is your 'OFM' Agriculture News

Ek is .... en hier is jou OFM landbounuus

2018-07-17 13:29
Agri SA 2 (clm)
Grondhervorming, en meer spesifiek die onteiening van grond sonder vergoeding, asook insae deur finansiële instellings - veral rondom finansiering - word môre op Agri SA se jaarkongres onder die loep geneem. Boere, lede van landboubesighede en ander betrokkenes is dan in Pretoria byeen vir dié organisasie se jaarkongres. Agri SA se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, sê dié kongres wat tot Woensdag duur, het 'n propvol program.

[CutID: Omri van Zyl Agri SA bite 1 13h30.mp3
Time: 32s
Title: Omri van Zyl Agri SA bite 1 13h30
Description: Omri van Zyl Agri SA bite 1 13h30
Out-cue: ]

Hy sê Patrice Motsepe, die uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals, praat ook oor hoe kommersiële landbou 'n belangrike rol kan speel in die toekoms van Suid-Afrika.

[CutID: Omri van Zyl 13h30 bite 2.mp3
Time: 33s
Title: Omri van Zyl 13h30 bite 2
Description: Omri van Zyl 13h30 bite 2
Out-cue: ]

In dié paneelbespreking wat deur Agri SA se president, Dan Kriek, gelei word, sal die kongres se mandaat rondom onteiening sonder vergoeding en alternatiewe planne geformuleer word. Woensdag lei Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, 'n bespreking oor Agri SA se transformasiehub. Ettiene van Wyk, 'n skaapboer van Marydale, asook Tshilidzi Matshidzula, 'n bees en melkboer van die Oos-Kaap, sal aan die bespreking deelneem. Jong boere kom ook later die dag aan die beurt om hul menings oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika te lug.

2018-10-08 13:28

----------------------------------------------------------------------------

Herman 2 (clm)
Finansiering vir boere, wat deel is van die grondhervormingsproses, is 'n groot uitdaging vir die landboubedryf in Suid-Afrika. Dit is volgens die Suidwes Groep se uitvoerende hoof, dr. Herman van Schalkwyk, nadat die groep onlangs ‘n wins van R56,35 miljoen getoon het. D
10 Oct 2018 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes