
Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer raak plaaslike produsente deur die bank
Loading player...
Die uitbreking van bek-en-klouseer, wat daartoe bygedra het dat Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort is en toegang tot internasionale markte beperk is, raak plaaslike produsente deur die bank. Neville Raath, ondervoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, meen plaaslike produsente het die daling in pryse gevoel.

