Draaipunt program 5: SanParke ere-veldwagters se PEAP projek

Loading player...
Het jy al ooit aan 'n olifant se stert gevat? Of aan sy voet? Wat van sy slurp?
Die ere-veldwagters van SanParke bied 'n PEAP (Public Education and Awareness Program) vertoning aan wat jou weer so opgewonde soos 'n kind sal maak oor die wonder van die natuur. Karel de Beer sê, "Sien is glo...maar voel is wragtig!"
3 Oct 2019 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Laeveld JOC paraat vir demonstrasies

Wat kan ons môre te wagte wees wanneer March and March se "spertyd" vir onwettige immigrante om die land te verlaat verstryk? Frank Swanepoel van die Laeveld JOC gesels met Sonop Ontbyt.
29 Jun 8 min

Laeveld brandseisoen sover vlot

Grondeienaars is besonders verantwoordelik vanjaar en berei fluks voor vir die brandseisoen. André Scheepers van Lefpa sê toestande is tans uiters gunstig om voorbrande te maak en ander voorbereidings te tref voor droë, winderige toestande later in die winter die brandgevaar aansienlik verhoog.
26 Jun 8 min

Mpumalanga NPO Ekspo op pad

Op Donderdag 9 Julie kom nie-winsgewende organisasies en sakeondernemings bymekaar om hande te neem om hul gemeenskappe beter te ondersteun. Shirley Khoza van Touch a Million gesels met ons oor die Mpumalanga NPO Ekspo.
26 Jun 9 min

Ondersteun Soli-Deo-Gloria Sorgsentrum in Lydenburg

'n Groep Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon het onlangs 'n veldtog geloods om die Soli-Deo-Gloria Sorgsentrum in Lydenburg te ondersteun. Gerda Venter vertel meer oor die 150 afhanklike mense na wie hulle tans omsien.
25 Jun 12 min

Tegnologie is 'n wonderlike ding in geveg teen misdaad

Sekuriteitsrolspelers berei voor vir enige onlus Dinsdag, die "sperdatum" wat die teen-immigrasiegroep March and March immigrante gegee het om die land te verlaat. Callum MacPherson van Securicon sê inwoners moenie bekommerd wees dat hulle in die duister gelaat sal word oor verwikkelinge nie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor hoe…
25 Jun 18 min