
Wêreldbloedskenkingsdag die naweek herdenk
Loading player...
Wêreldbloedskenkingsdag word die naweek herdenk. Daarmee saam sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB)se woordvoerder - Hendrika Beukes - dat hulle onverpoos voortgaan om by te kan hou met die nasionale aanvraag na bloed. Die SANB moedig skenkers voortdurend aan om bloed te skenk. Beukes sê hul skenkersentrum by die Kalahari Mall in Upington in die Noord-Kaap sal tussen 9vm en 2nm oop wees.

