Agri-Uur 16 Julie Chris Derksen

Loading player...
Diere behaal steeds baie goeie pryse op veilings
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...

(VIR DIE WEB: Derkesen sê al is daar talle uitdagings wat boere in die gesig staar, verminder die heersende koue weerstoestande die voorkoms van peste en siektes. Die prys van vee op lewende hawe veilings styg steeds en help met al die negatiewe aspekte wat 'n impak het op boere.

Volgens Derksen het speenkalwers onder 200kg op die weeklikse veilings Dinsdag in Kroonstad in die Vrystaat teen R35,45 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R33,650 en speenkalwers oor 250kg het teen R30,88 per kg verkoop.
15 Jul 2020 2PM English South Africa News · Business

Other recent episodes