
Graan SA oor 2019/20 produksieseisoen
Loading player...
Die 2019/20 produksieseisoen is die tweede grootste nóg vir somergrane, wat mielies, sorghum, sojaboon, sonneblom en grondbone, insluit. Die verwagte mielie-oes is ook die tweede grootste nóg vir die graanbedryf en is op 'n geskatte 15,30 miljoen ton. 'n Ekonoom van Graan SA (GSA) Luan van der Walt sê dit is positief vir die land wat lankal reeds 'n goeie produksiejaar en 'n relatiewe goeie prysjaar benodig het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...