
Landbounuus-podcast: Noord-Kaap vloedskade op miljoene rande geskat
Loading player...
Die Noord-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings, Bently Vass, deel dat die provinsie hewige reën ervaar het weens die tropiese storm Eloise. Hy sê dit het tot gevolg gehad dat honderde gesinne dakloos gelaat is. Die vloedskade, volgens Vass, sal die provinsie na raming tussen R40 miljoen en R100 miljoen kos. Hy voeg egter by dat hierdie bedrag meer kan wees aangesien die plaaslike regering steeds besig is om die totale koste van die skade te bepaal.

