OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,783 Episodes
3180 – 3200

Boere se veiligheid belangrik, die polisie kan meer doen

Boere kan nie meer alleenlik op die polisie staatmaak vir hul veiligheid op plase nie. Dit is volgens Bernard Maree, voorsitter van die Tweespruit-streekslandbouvereniging in die Vrystaat, nadat 'n bejaarde boer, John Parr, sy vrou, hul skoonseun en twee kleinkinders op hul plaas in Kommissiepoort in die Tweespruit-distrik deur vyf…
30 Jun 2020 11PM 2 min

#VrystaatLandbou: Paraatheid is van groot belang met toenemende plaasaanvalle

Boere se veiligheid is in hul eie hande. Dit is volgens Kempen Nel, die streekveiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) in die Xhariep-distrik in reaksie op die toename in aanvalle op plase in die Vrystaat die afgelope week. Nel sê boere beveilig hulself wel in 'n redelike mate, maar meer kan…
30 Jun 2020 11PM 3 min

#Plaasaanvalle: Doen die noodsaaklikste eerste met aankoms op toneel

Dit is te verstane dat daar gedagtes van wraak is, deur talle wat op tonele van plaasaanvalle kom. Frans du Toit, seun van die 82-jarige Janetta en die broer van Wimpie du Toit, wat op hul plaas Lovedale by Petrusburg aangerand, vasgebind en beroof is, sê egter weens sy weermagopleiding…
30 Jun 2020 11PM 3 min

#Nampo2020: Virtuele platform vervang die ware Jacob

Die grootste landboubyeenkoms in Afrika, wat vanjaar op Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat vanaf 11 tot 14 Augustus sou plaasvind, is gekanselleer. Dit beteken egter nie dat uitstallers en boere steeds die beste daarvan kan geniet nie. Graan SA (GSA) se gewilde Nampo-oesdag word vanjaar virtueel aanlyn aangebied. Toit…
30 Jun 2020 11PM 5 min

Agri Uur 30 Junie Frans du Toit

Plaasaanval-slagoffers 'gaan nie geïntimideer word nie' 'n Ma en haar seun van die Petrusburg-gebied in die Vrystaat se gemoedstoestand is onder omstandighede goed. Dit kom nadat die 82-jarige Janetta du Toit en haar 54-jarige seun Wimpie, Vrydagaand vermoedelik deur drie mans op die plaas Lovedale aangeval is. Janetta se gesig…
29 Jun 2020 1PM 6 min

Agri-Uur 30 Junie Kempen Nel

Boere fynkam gebied na Petrusburg-plaasaanval Boere van die Petrusburg-distrik het nie op hulle laat wag om Janetta du Toit, en haar seun, Wimpie, te hulp te snel nadat hulle die naweek aangerand, vasgebind en beroof is nie. Kempen Nel, veiligheidsverteenwoordiger vir streek 18 en 19 en streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou…
29 Jun 2020 1PM 6 min

Agri Hour 30 June Wandile Sihlobo

As usual on a Tuesday, Wandile Sihlobo, Chief Economist at the Agricultural Business Chamber of South Africa, Agbiz, provides a weekly insert about the latest on the global as well as South African agricultural markets. He says the high-frequency data on both domestic and global markets reinforced the view that…
29 Jun 2020 1PM 4 min

Agri-Uur 29 Junie Luan van der Walt Graan SA

SA kan steeds 'n rekord mielie-oes lewer ondanks uitdagings 'n Goeie mielie-oes word steeds verwag ondanks die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se jongste afwaartse aanpassing vir die verwagte kommersiële oes. Die NOK het verlede week die vyfde produksieskatting vir somergraangewasse bekendgestel. Die grootte van die verwagte mielie-oes is 0,48% minder as…
28 Jun 2020 3PM 6 min

Agri-Uur 29 Junie Francois Rossouw, Saai

Saai tree toe tot die stryd om tabakverbod op te hef Die tabakbedryf in geheel asook verbruikers van dié produkte is 'n dubbele slag toegesnou. Dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria bevind het Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), se tabakverbod is in orde…
28 Jun 2020 3PM 3 min

Agri-Uur 29 Junie Christo van der Rheede

Voedselsekerheid in gedrang weens dieseltekorte Agri SA is diep bekommerd oor die tekort aan diesel, wat boere nou in die binneland kniehalter. Dringende optrede van die regering in dié verband, word nou geëis, omdat dié tekorte voedselsekerheid bedreig. Christo van der Rheede, dié organisasie se adjunk-uitvoerende direkteur, sê graanboere is…
28 Jun 2020 3PM 3 min

What's new in Farmer's Weekly?

She highlights content in the July 3 and 10 combined issue of the magazine. She says this will be the last of the by-weekly issues as they will in the next issue switch back to their weekly publishing schedule. This will be the July 17 issue. In the magazine's feature…
25 Jun 2020 11PM 8 min

Saai: Suid-Afrika is bankrot gesteel en nou in 'n skuldkrisis

Die skuldkrisis waarin Suid-Afrika hom bevind is 'n groot bron van kommer. Dr. Theo de Jager, die direksievoorsitter van die netwerk vir familieboere, Saai, sê die verwagting dat Suid-Afrika se brutoskuld vanjaar tot R4000 miljard gaan styg, maak die primêre produksiebedryf diep bekommerd. Sy reaksie kom nadat die minister van…
25 Jun 2020 11PM 6 min

Aanlynveilings logiese wyse vir speenkalwerverkope

Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, sê hy het vir Russell Laubscher, wat die voorsitter van die Johannesburgse Effektebeurs (JE) was, gevra wat die geheim is van 'n suksesvolle mark. Dit is nadat aanlynveilingsplatforms nou in gewildheid toeneem. Derksen sê hy het Laubscher se mening gevra want die JE…
24 Jun 2020 11PM 2 min

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Laubscher sê dit is verblydend dat regerings besef die keer en bestuur van die verspreiding van die Covid-19-pandemie is maar slegs deel van ‘n hele proses. Namate daar meer ag geslaan word op die werklike waarde van modellering van moontlike uitkomste van die verloop van die pandemie, omdat nuwe data…
24 Jun 2020 11PM 5 min

Veemark verbeter steeds met goeie pryse

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as…
24 Jun 2020 11PM 2 min

Gesinsplase is die antwoord eerder as onvolhoubare regeringsprojekte

Groot bedrae geld word in die Vrystaat aan regeringsprojekte, wat steeds nie volhoubaar is nie, bestee. Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, wat meen die DA gaan steeds voort om beweerde korrupsie met betrekking tot die Vrede-suiwelprojek deur middel van…
24 Jun 2020 11PM 5 min

Agriculture can show resilience from a jobs perspective

Key questions that consistently arises amid the COVID-19 pandemic’s impact on the economy is about its effects on employment. Wandile Sihlobo, Chief Economist at the Agricultural Business Chamber of South Africa, Agbiz, says in agriculture, there could be some resilience in the sector, compared to other sectors of the South…
23 Jun 2020 11PM 4 min

Misdaad 'n groot kopseer vir Vrystaatse boere langs die Lesotho-grens

Misdaad en aanvalle op plase en kleinhoewes bly 'n bron van kommer vir die landboubedryf. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sê daar het nou 'n groter probleeem ontstaan vir Suid-Afrikaanse boere wat om doe Vrystaat langs die Lesotho-grens boer. Lede van die Suid-Afrikaanse polisie word nou beperk om…
23 Jun 2020 11PM 5 min

Dieseltekorte knou landboubedryf en ander bedrywe

Die tekort aan dieselvoorraad in die sentrale binneland knou nie slegs boere in Noordwes nie, maar delwers en ander bedrywe word ook nou geraak. Hugo Viljoen, 'n saai- en veeboer, wat boonop delf, sê boere, en delwers in die Schweizer -Reineke gebied in Noordwes, kan nie voortgaan met hul onderskeie…
23 Jun 2020 11PM 1 min

Dieseltekorte 'n besprekingspunt vandag met Sapia

Boere in die sentrale binneland asook in ander provinsies in die land, ondervind 'n tekort aan dieselvoorraad, en die situasie vererger nou. Dr. Requiere Wait, hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê dit is nie slegs in Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap waar…
23 Jun 2020 11PM 2 min
3180 – 3200