OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,783 Episodes
3200 – 3220

Landbou in Vrystaat groei, en verdien meer ondersteuning deur die regering

Aanvalle op plase en kleinhoewes hou 'n groot bedreiging vir landbou in geheel, en voedselsekuriteit in Suid-Afrika, in. Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, wat sê die DA se alternatiewe plattelandse veiligheidsbeleid, word op 'n volgehoue grondslag hersien en kan…
22 Jun 2020 11PM 7 min

Boere is kwaad oor aanvalle op plase en kleinhoewes

Die reg moet nou sy gang gaan en die nodige ondersoeke moet gedoen word. Dit is volgens Bernard Maree, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se streekslandbouvereniging in die Tweespruit gebied, nadat 'n bejaarde boer, John Parr, sy vrou en hul skoonseun Sondagoggend in hul plaashuis deur vyf mans gedreig en…
22 Jun 2020 11PM 6 min

Drakensberger-genootskap hou aanlynveilings

Die Drakensberger-beestelersgenootskap het 'n bedrywige week wat voorlê. Dit is dié genootskap se eerste nasionale stoetveiling, wat aanlyn plaasvind. Daarmee saam word 'n speenkalwer-veiling ook vandag aanlyn aangebied. Dit word deur die nasionale stoetveiling Dinsdag gevolg. Jean van der Merwe, 'n raadslid van dié genootskap, wat verantwoordelik is vir die…
21 Jun 2020 11PM 7 min

Wildswinkel: GWK Veewinkel-toep was regte besluit

Dit was al vir 'n geruime tyd in Wildswinkel, die gevestigde aanlynplatform vir wildsveilings, se visier om die veebedryf te betree. Daarom het dié voorloper in die wildsbedryf ten opsigte van veilings, nie geskroom om met GWK Veilings saam te span nie. Hulle het 'n nuwe toep vir aanlynveilings van…
21 Jun 2020 11PM 6 min

What's new in Farmer's Weekly?

She speaks about the June 19 and 26 issue which is currently available on shelves in shops. In the feature section an interview with Sewis van der Horst, the 2019 Toyota new harvest winner, is a must read. Van der Horst began his path in farming by working for another…
18 Jun 2020 11PM 6 min

Drakensberger-genootskap bied nasionale veiling aanlyn aan

Onsekerheid oor die aanbieding van die Drakensberger-telersgenootskap se nasionale veiling het daartoe gelei dat dié genootskap alternatiewe wyses ondersoek het om af te wyk van die tradisonele wyse van aanbieding. Henk Delport, adjunkpresident van die Drakensberger-telergenootskap, sê hulle het besluit om 'n aanlyn nasionale veiling te hou. Dié veiling wat…
18 Jun 2020 11PM 6 min

GWK veilings en Wildswinkel stel die Veewinkel-toep bekend

GWK Veilings en Wildswinkel het kragte saamgesnoer en hul omvattende kennis in die veilingsbedryf gekombineer om 'n splinternuwe aanlynplatform vir lewende hawe daar te stel. Hulle het die GWK Veewinkel-toep bekendgestel. Willie Meyer, hoof van GWK Veilings, sê dit is 'n platform wat virutele, aanlyn-veeveilings moontlik maak. Dit is gerieflik…
18 Jun 2020 11PM 4 min

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Hy praat oor volhoubare kosproduksie wat steeds 'n sterk strategiese dryfveer is. Laubscher meen dit sal verkeerd wees as die Covid-19 pandemie soveel aandag geniet dat daar vergeet word van die veelvuldige ander uitdagings wat die mensdom in die gesig staar. Een daarvan is die feit dat die wêreld nie…
17 Jun 2020 11PM 5 min

Aanvraag na alle klasse vee op veilings vergroot

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as…
17 Jun 2020 11PM 2 min

Dieseltekorte kniehalter boere wat nou moet stroop

Boere trek aan die kortste ent weens die tekort aan diesel in die land. Kobus van Zyl, 'n boer van die Allanridge/Wesselsbron-distrik in die Vrystaat, sê produsente sukkel om diesel in die hande te kry en daar word verskeie verskonings aangebied. Dit sluit onder meer in diefstal in die pyplyn…
17 Jun 2020 11PM 4 min

Drakensberger-genootskap skroom nie met droogtehulpverlening

Lede van die Drakensberger-beestelersgenootskap​ het nie twee keer gedink om droogtehulp te verleen aan medevoere in nood nie. Henk Delport, adjunkpresident van dié genootskap, sê daar is 'n noue band tussen die genootskap se lede en toe die noodkrete van boere in die Kalahari en Namibië begin instroom, het die…
16 Jun 2020 11PM 5 min

Boere Droogtehulp SA reik uit na gemeenskappe ondanks Covid-19-inperkingsregulasies

Die nie-winsgewende maatskappy, Boere Droogtehulp SA, stoom voort om hulp aan landbougemeenskappe in dorre gebiede van die Noord- en Oos-Kaap te verleen. Chris van Beljon, stigter van dié maatskappy, sê hulp is deurlopend sedert die aanvang van die nasionale Covid-19-inperkingstydperk aan boere verleen. Hoofsaaklik veevoer is versprei in dié gebiede,…
16 Jun 2020 11PM 6 min

Jagbedryf gee 'n tree vorentoe met opheffing van verbod

Die Suid-Afrikaanse wildbedryf is dankbaar dat hulle 'n tree vorentoe kan neem danksy die verbod op die binnelandse jag van wild, wat opgehef is. Die jag van wild is in die vroeë inperkingstydperk weens die Covid-19-pandemie verbied, maar dit kan nou in vlak 3 weer geskied. Wiaan van der Linde,…
16 Jun 2020 11PM 6 min

Beeswinkel se eerste Namibiese-aanlynveiling eersdaags aangebied

Die Suid-Afrikaanse aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, wat plaaslik al goed gevestig is, brei nou uit na Namibië. Petrus van Heerden, 'n direkteur van Beeswinkel, sê die eerste kommersiële stilveiling vir Namibiese boere vind volgende week aanlyn plaas. Die teikenmark is boere wat speenkalwers aanbied wat hulle op die veld vir slagdoeleindes, afgerond…
15 Jun 2020 11PM 5 min

Johann Breytenbach, sambreelligaam vir brandverenigings in Vrystaat

Grasbrande hou dié brandseisoen 'n groot gevaar in vir die Vrystaat. Dit is weens die veld se lading wat hoog is. Weiding en grasveld is ook welig. Daarmee saam wil dit voorkom of die brandseisoen ook reeds aangebreek het in die Vrystaat. Dit nadat verskeie van dié brande verlede week…
14 Jun 2020 2PM 5 min

Petrus van Heerden direkteur Beeswinkel

Die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, sprei nou sy vlerke na Namibië. Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, sê hulle is deur boere in Suid-Afrika se buurland genader om ook soos in Suid-Afrika doeltreffend deur middel van aanlynveilings met mekaar handel te kan dryf. Hy sê Beeswinkel, wat al vir meer as twee…
14 Jun 2020 2PM 6 min

What's new in Farmer's Weekly?

In our Friday insert, only on OFM News' Agri Hour, Christal-Lize Muller speaks to the editor of Farmer’s Weekly, Denine Erasmus, about the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website…
11 Jun 2020 11PM 7 min
3200 – 3220