Agri-Uur Gys Olivier

Loading player...
Hertzogville-brande: Veeverliese 'n emosionele kwessie vir boere

Die verlies aan vee, strukture en weiveld in die Hertzogville, Boshof, Dealesville en selfs die Hoopstad gebied is baie groot, nadat 'n brand Sondag in Hertzogville ontstaan en vinnig versprei het. Die brand het na bewering uitgebreek toe inwoners van die plaaslike township oor waterkwessies betook het. Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê honderde miljoen rande se skade is aangerig en na raming het sowat 100 000 hektaar weiveld in die slag gebly. Hy sê boere is hartseer oor hul veeverliese, want dit is 'n emosionele kwessie, maar hulle is geensins moedeloos nie. Volgens Olivier is daar ook groot dankbaarheid onder dié boere vir veevoerskenings wat broodnodig is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Olivier gepraat...
21 Oct 2020 12AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min