Agri-Uur 14 Oktober Herkie Viljoen

Loading player...
Landbou is positief na Cele veediefstal in Oos-Vrystaat wil ondersoek

Betrokkenes in landbou in die Oos-Vrystaat is positief oor die uitkoms van die vergadering met die polisieminister Bheki Cele in die Paul Roux-distrik. Cele het gister die familie van die vermoorde Brendin Horner, 'n plaaslike plaasbestuurder, besoekDit was 'n private aangeleentheid op die plaas Granspan. Hy het daarna met georganiseerde landboustrukture in die plaaslike landbousaal vergader. Herkie Viljoen, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskomitee in die Bethlehem distrik, sê hy is positief oor dié vergadering en dit het sy verwagtinge oortref, hoewel dit slegs die begin van 'n lang proses is. Viljoen sê die gesindheid waarin die hele vergadering plaasgevind het was kalm en daar was geen rasse-agenda gewees nie. Veediefstal het onder die loep gekom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
14 Oct 2020 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min