OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,783 Episodes
340 – 360

BnK - RMIS se Dewald Olivier oor jongste verbod

Die beheer van bek-en-klouseer in Suid-Afrika bly ‘n groot kopseer. Red Meat Industry Services se hoof-uivoerende beampte, Dewald Olivier, vra egter vir groter omsigtigheid wanneer gesprekke rondom dit gevoer word. Elzette Boucher-Kruger het met hom op NAMPO Park gesels…
13 May 11PM 4 min

Moderne graanproduksie véél meer as ‘druk goeters in die grond’

Moderne graanverbouing is deesdae baie meer as net saai, oes en verkoop. Dr. Tobias Doyer, hoof uitvoerende beampte van Graan SA, meen boerdery verg uitgebreide tegniese kennis, groot finansiële beleggings en gesofistikeerde tegnologie, en is dit ver verwyder van die romantiese beeld van ’n eenvoudige plaaslewe.
13 May 11PM 5 min

Landbou se beeld in die buiteland moet versterk word

Dis krities om die regte beeld van Suid-Afrikaanse landbou internasionaal oor te dra. Johann Kotzé, hoof uitvoerende beampte van AgriSA, het onlangs van ’n besoek aan die Verenigde State teruggekeer en sy insigte oor die verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika met OFM Agri gedeel.
12 May 11PM 5 min

Graanproduksie: onstuimige seisoen bied waardevolle lesse

Die 2024/25 somergraanoesseisoen in Suid-Afrika het talle uitdagings vir mielie- en sojaboonprodusente ingehou, met onvoorspelbare weer, siekte-uitbrekings en plaagprobleme wat opbrengste en graankwaliteit bedreig het. Hanlie Geldenhuys, landboukundige by Syngenta Suid-Afrika, beskryf die seisoen as ‘vreemd’ en beklemtoon dat risikobestuur nou noodsaakliker as ooit is.
11 May 11PM 9 min

Skaapbestuur & OVK Wolnuus

Johan Gunter gesels verder met John Melville oor probleemdiere en hoe om dit te hanteer en Dawie Killian het nuus uit die OVK wolkantoor.
9 May 12AM 4 min

Genetiese teelwaardes

Johan Gunter gesels met dr Bobby vd Westhuizen van SA Stamboek oor genetiese teelwaardes.
7 May 11PM 4 min

Bloemskou 2025: SA Stamboek toekennings

Nog ‘n hoogtepunt is die SA Stamboek toekennings. Johan Gunter gesels met Ester Hetrzog van Boshoff Bonsmaras in Delmas oor die Mentorskap toekenning wat hulle ontvang het en dan ook Met Clinton Colltet van Venterstad wat die kleinvee dubbeldoel in vleisras toekenning ontvang het.
7 May 12AM 3 min

Bloemskou 2025: Suiwelkampioenskapuitslae

By die onlangse Bloemskou was die suiwelkampioenskappe ‘n geleentheid wat groot aftrek gekry het. Johan Gunter gesels met Elmarie Prinsloo HUB Bloemskou, Gerdre Kruger areabestuurder van Clover en Natalie Thersby van Lancewood.
6 May 11PM 4 min

Kom kuier vir Nutrifeeds by NAMPO 2025

Volgens Santa Ferreira, nasionale bemarkingsbestuurder by Nutrifeeds, is teenwoordigheid by NAMPO nie net belangrik nie – dit is onontbeerlik. “Diere speel ’n sleutelrol by NAMPO, veral met die vee- en graanbedrywe wat so sterk gekoppel is. As een van die grootste veevoerprodusente in die land, is dit vir ons noodsaaklik…
4 May 3AM 3 min

What's new in Farmer's Weekly - May 9th edition

Farmer’s Weekly’s digital editor, Sindira Chetty, tells us more about the latest issue that hits shelves today. Or read more online at farmersweekly.co.za and follow their social media pages for regular updates.
2 May 2AM 2 min
340 – 360