OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,614 Episodes
800 – 820

Boer vertel oor elektrisiteit probleme

Eskom se jongste plan om drastiese prysverhogings in te stel ten opsigte van vaste kostes, kan die landboubedryf op sy knieë dwing. Die huidige voorstel behels ’n aanpassing van die koste-struktuur van 30% vaste koste en 70% kraggebruik, na ’n omgekeerde verhouding van 70% vaste koste en 30% kraggebruik. Vrystaat…
11 Jun 2024 11PM 2 min

Jeug in Landbou: Tegnologie is die toekoms

Tegnologie is die toekoms van landbou en dis ‘n kragtige stuk gereedskap in die hande van behendige jeug. In vanoggend se Jeug fokus gesels OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger met bemarkingsbestuurder vir John Deere Africa, Hentie Breedt.
11 Jun 2024 11PM 7 min

Melkbedryf vaar tans goed

Die Melkprosente Organisasie se Bertus van Heerden gee ‘n kort oorsig oor melk in- en uitvoere…
11 Jun 2024 2AM 1 min

Jeugdiges deel hul ervarings en toekomshope vir landbou in Suid-Afrika

Twee Graad 10-leerlinge aan Hoërskool Witteberg in Bethlehem, Lucille Snyman en Jacques van der Merwe, deel hul ervarings en toekomsdrome vir landbou in Suid-Afrika. Hulle beklemtoon die waarde van praktiese ondervinding en hoop vir ‘n vooruitstrewende en volhoubare landbousektor.
10 Jun 2024 11PM 1 min

Jeug in Landbou: Hoe ‘n skool ‘n liefde vir landbou kweek

Cari van den Berg, die Landboubestuurspraktyk-onderwyseres by Hoërskool Witteberg in Bethlehem, is passievol oor landbou en die belangrikheid daarvan vir die jeug. By Witteberg bied hulle vier landbou vakke aan, wat studente van graad agt tot twaalf insluit. Die vakke is ontwerp om leerders bloot te stel aan verskillende aspekte…
10 Jun 2024 11PM 4 min

Vrystaat RPO kongres vind eersdaags plaas

Die Vrystaat RPO kongres vind plaas op Donderdag 13 Junie. Johan Gunter gesels met die visie voorsitter van die RPO in die Vrystaat, Jan Hendrik Liebenberg oor wat die kongresgangers kan verwag.
9 Jun 2024 10PM 1 min

Privaatbrandweerdiens beskikbaar in Bloemfontein

Verliese van minstens R36,5 miljard is aangeteken in die meer as 136 600 brande wat vanaf 2020 tot 2022 in Suid-Afrika aangemeld is. AfriForum het vandeesweek sy eerste privaat brandweerdiens in Bloemfontein bekendgestel. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Tarien Cooks, AfriForum se rampbestuurspesialis…
6 Jun 2024 11PM 4 min

Hoe om opdroog van lakterende ooie vergemaklik

Johan Gunter gesels soos gewoonlik op ‘n Vrydag skaapsake en OVK se John Melville vertel hoe die opdroog van lakterende ooie vergemaklik kan word en dan het Zinandi Geyer die laaste wolmarkverslag van hierdie seisoen…
6 Jun 2024 11PM 6 min

What's in Farmers Weekly – 14 June Edition

The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
6 Jun 2024 11PM 2 min

Noord-Vrystaat vleispryse

Chris Derksen gee vleispryse in die Noord-Vrystaat vir die week ge-eindig, 5 Junie…
5 Jun 2024 11PM 1 min

Gesondheidsvoordele van draagbare osoon sauna

Diegene wat NAMPO Oesdag besoek het, sal dalk Global Wellness Enterprises se stalletjie onthou waar ‘n draagbare osoon sauna ten toon gestel is. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Verkoopsbestuurder George Viljoen oor die gesondheidsvoordele en ‘n spesiale aanbod wat nou geldig is.
5 Jun 2024 11PM 5 min

Ekonomiese hupstoot wag vir Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse ekonomie staan op die vooraand van ‘n moontlike groot ekonomiese hupstoot. Dit kan gerealiseer word deur die goedkeuring van uitvoerprotokolle vir diereteelmateriaal. OFM Agri se Robyn Schutte het met Dr Pierre van Rooyen hieroor gesels…
5 Jun 2024 11PM 18 min

Belangrikheid van brandmerk van vee

Onlangs is ‘n aantal vee in die Vrystaat gebuit en weer terugbesorg aan hul eienaars nadat die polisie die verdagtes vasgetrek word. Dit is egter nie altyd die geval nie. Dikwels word vermoedelik gesteelde vee gevind, maar dan kan die eienaar nie opgespoor word nie. Johan Gunter gesels met Isabel…
5 Jun 2024 11PM 4 min

Groot Afname in Suid-Afrika se 2023/2024 Sojaboonoes

Die 2023/24 sojaboon-oes is 36% laer op 'n jaargrondslag, na raming 1,7 miljoen ton, as gevolg van swak opbrengste in verskeie streke van die land. OFM Agri se Robyn Schutte het met voorsitter van die sojaboonwerkgroep van Graan SA, Ryk Pretorius, hieroor gepraat…
4 Jun 2024 11PM 7 min

Good stockmanship for successful egg production

Starting a layer farm requires careful consideration of several factors to ensure success. According to Ofhani Mavhungu, a technical adviser at NUTRI Feeds, choosing the right operational model is crucial. Prospective farmers must decide between battery cages and free-range systems, each with its unique challenges. Understanding these challenges and planning…
3 Jun 2024 11PM 9 min

Kry meer uit jou braaikuikenboerdery

As jy braaikuikens aanhou en voel jou hoenderboerdery is vir die voëls, NUTRI Feeds het onlangs baie waardevolle inligtingsessies aangebied om produsente te help meer winsgewend wees. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met tegniese adviseur, Francois la Grange.
2 Jun 2024 11PM 3 min
800 – 820