Reëlings vorder fluks vir Graan SA se NAMPO Oesdag wat eersdaags op NAMPO Park buite Bothaville plaasvind. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, gesels met Dr Dirk Strydom om meer uit vind.
Die Departement Water en Sanitasie glo die tydelike sluiting van die tonnel wat water vanaf Lesotho na Suid-Afrika bring behoort nie ‘n beduidende uitwerking op besproeiingsboere en dorpe in die Vrystaat te hê nie. Direkteur-generaal Sean Phillips het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria gesê daar sal water herlei word vanuit…
OVK veselbestuurder, John Melville, gesels oor die vroeg speen van lammers en hoe dit moontlik vleisproduksie kan verseker. En OVK Wol se Verantwoordelike wolstandaard ouditeur, Zinanda Geyer, deel die nuutste verwikkelinge in die wolmark.
The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
Landelike gebiede word veral geteiken wanneer dit by misdaad kom. Produsente moet paraat wees en voordurend by bly met die nuutste teenvoeters vir gevaar. Johan Gunster gesels met Pieter Kemp, ondervoorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, wat onlangs opleiding by Waaikraal, Bloemfontein aangebied het, asook Landi Wilson, een van…
Hoewel die gesogte Geografiese Indikator (GI)-status aan Karoolam toegeken is, is produsente bekommerd oor produkte wat onder die Karoolam-handelsnaam verkoop word, maar nie aan die Karoolam GI vereistes voldoen nie.
Hoe vroeër voorbereiding vir die brandseisoen gedoen kan word, hoe beter. Johan Breytenbach van Mangung Fire Protection Association (MAFPA) vertel hoewel sekere tye van die jaar aan meer brande gekenmerk word, dit baie met omstandighede te doen het.
Agri Noordwes het tydens hul jaarlikse jongboerkongres, die provinsie se Jongboer van die Jaar vir 2024 gekroon. Van die drie finaliste in die gesogte kompetisie was dit Kobus Beyers, boer van Wolmaransstad, wat met die louere weggestap het.
Die volgehoue droogte in Suid-Afrika plaas druk op die land se uitvoerpotensiaal vir hierdie jaar. Daar is egter goeie nuus - Egipte het onlangs sy deure vir die invoer van mielies en sojabone uit Suid-Afrika oopgemaak. Ekonoom by Graan SA, Heleen Viljoen, vertel meer…
Die direkteur-generaal van die departement van indiensneming het in Februarie 2024 bekend gemaak dat besighede vanaf 1 April 2024 verplig is om hulle loonopgawes in te dien by die Vergoedingsfonds. Work Accident Support, ’n maatskappy wat spesialiseer in die administrasie van werksbeserings en produsente in die landboubedryf ondersteun, se stigter…
Boere in die Suid-Vrystaat word al meer geteiken deur onwettige jagters wat honde gebruik om skaap te steel. Voorsitter van die Springfontein boere vereniging, Bertie Grobler, vertel daar is onlangs 30 skape erg beseer en tien gesteel op die plaas Stapelhurst.
Die Nasionale Saalperd Kampioenskappe begin Maandag, 22 April 2024, by die Bloemfontein skougronde en is een van vele byeenkomste wat deel vorm van Bloemskou se landbouprogram. "Hierdie is regtig ‘n familiesport wat almal kan aan deelneem," vertel vise-president en hoof van bemarking vir die Suid-Afrikaanse Saalperg Genootskap, Koekie de Villiers…
"Dit gaan ons geweldig affekteer, vernaam as ons weer ’n droë jaar het soos die jaar wat verby is," vertel Hans Pretorius, ’n boer van die distrik. "Daar gaan beslis waterbeperkings ingestel word, glo op alle besproeiingsboere wat water trek uit die Vaaldam uit.”
21 Apr 2024 11PM
1 min
900 – 920
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.