Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,778 Episodes
180 – 200

Markte kyk na Trump en Putin

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die markte se reaksie op die ontmoeting tussen Putin en Trump, asook die verwagting rondom volgende week se inflasie aankondiging.
15 Aug 11AM 6 min

Inligtingsreguleerder gaan Truecaller ondersoek

Ahmore Burger-Smidt, hoof van regulatoriese sake en direkteur van mededinging by Werksmans Prokureurs, verduidelik wat die Inligtingsreguleerder se ondersoek na Truecaller behels.
14 Aug 12PM 7 min

Standard Bank verdien R24 miljard in ses maande

Standard Bank het vandag winssyfers vir die eerste helfte van die jaar bekend gemaak. Die wesensverdiens het met 8% gestyg en die direksie het die tussentydse dividend met 10% verhoog. Die groep se uitvoerende hoof, Sim Tshabalala, bespreek die resultate en deel sy mening oor die VSA se nuwe tariewe.
14 Aug 12PM 12 min

Sien ons ’n kapitaalvlug uit SA?

Professor Jannie Rossouw, professor aan Wits se sakeskool, deel sy insigte oor die onttrekking van groot maatskappye uit Suid-Afrika.
14 Aug 12PM 9 min

Mozal oorweeg dit om 'n smelter te sluit

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, bespreek die markte se reaksie op genl. Rudzani Maphwanya se kommentaar oor Suid-Afrika se buitelandse beleids­standpunt rakende Iran en die VSA, asook Mozal Aluminium wat ’n smelter wil sluit.
14 Aug 12PM 6 min

Innovasie in landboufinansiering

Charl Greyvensteyn, direkteur van streekkantore en landbou by Merchant West, gesels oor innovasie in landboufinansiering.
13 Aug 12PM 6 min

Kganyago sê wéér hy kán 3% teiken

Daar is tans ’n geskil tussen die Reserwebank en die nasionale tesourie oor ’n nuwe, laer inflasieteiken. Lullu Krugel, hoofekonoom by PwC, deel haar mening.
13 Aug 12PM 8 min

Die regering se infrastruktuurplanne is op koers

Dean Macpherson, minister van openbare werke en infrastruktuur, gesels oor die regering se infrastruktuurplanne, die konstruksiebedryf, die sogenaamde konstruksiemafia, en vroue in konstruksie.
13 Aug 12PM 10 min

Nedbank koop IKhokha vir R1,6 miljard

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek vandag se sterk vertoning op die beurs en Nedbank se oorname van ’n fintech-maatskappy.
13 Aug 12PM 6 min

Enige finansiële reis begin by ’n beleggingsplan

Jac de Wet, welvaartbestuurder by PSG Wealth Somerset-Wes, verduidelik hoe om seker te maak dat jou finansiële- en beleggingsplan al die belangrikste elemente bevat en jou behoeftes voldoende aanspreek.
12 Aug 11AM 9 min
180 – 200