Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
13,984 Episodes
200 – 220

OLX wil motorverkoopplatform aankoop

Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor die goudprys se nuwe hoogtepunt, Boxer se prestasie, en OLX se plan om ’n motorverkoopplatform aan te koop.
29 Sep 11AM 9 min

Kyk SARS na pensioenfondse?

Piet Nel, onafhanklike belastingkonsultant, bespreek die moontlikheid dat die Inkomstediens na pensioenfondse kan kyk.
29 Sep 11AM 7 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Jannie Louw, welvaartbeplanner by Portfolium en Nerina Visser, ETF strateeg en adviseur by etfSA, beantwoord die vrae wat luisteraars sakke raak.
26 Sep 11AM 11 min

Probeer ons nog baklei teen die VSA tariewe?

Neil Diamond, president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA (SACCUSA), bespreek die jongste verwikkelinge in handel tussen Suid-Afrika en die VSA, te midde van die nuwe tariewe en die moontlikheid dat Agoa binnekort tot ’n einde kan kom.
26 Sep 11AM 8 min

Die JSE staan sterk na die derde deel van 2025

Hannes van den Berg, medehoof van Suid-Afrikaanse aandele by Ninety One, gesels oor hoe die plaaslike beurs tot dusver vanjaar gevaar het en deel sy vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse aandelemark.
26 Sep 11AM 9 min

Tinus drink koffie met JB Smith

JB Smith, besturende direkteur van Sequoia Capital Management, gesels oor sy agtergrond, loopbaan en Sequoia Capital.
25 Sep 11AM 11 min
200 – 220