Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,206 Episodes
1000 – 1020

Nataniël se jongste produksie: ‘Elke lied het sy eie uitrusting’

Nataniël het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media meer vertel het oor sy jongste kragtoer op die planke getiteld 'When Giants Waltz'. Teaterliefhebbers kan uitsien na sy 18de produksie by Emperor's Palace in Kemptonpark wat met 12 onvergeetlike konserte spog. Dit beloof om ’n boeiende skepping te wees met…
30 Sep 2019 6 min

‘Kontreistories’: Dit gaan oor storievertel om ’n tafel

Maroela Media laat dié kuns van storievertel op vanjaar se Aardklop herleef met die produksie 'Kontreistories'. Esté Meyer Jansen het met Susan Lombaard gesels om meer oor die teaterproduksie uit te vind en hoekom storievertel vir dié mediahuis só belangrik is.
25 Sep 2019 7 min

Wat maak jou ’n miljoenêrsvrou?

Om ’n miljoenêrsvrou te wees, het eintlik maar min met jou bankrekening te doen. Vir René du Preez gaan dit veel meer oor hoop, dankbaarheid en ’n besef dat ’n vrou dikwels steeds oorvloedig geseënd is te midde van moeilike omstandighede. Du Preez het aan die einde Vrouemaand ’n draai…
12 Sep 2019 9 min

Melissa Massyn 'n jong dromer met groot planne

Kykers het haar aanvanklik leer ken as die klein snip Susan in die rolprent Hoofmeisie en kort daarna as die tienermeisie Katie in die TV-dramareeks Erfsondes. Maar Melissa Massyn (21) het intussen behoorlik haar skoolskoene ontgroei en is hard aan die werk om haar merk in die Afrikaanse vermaakbedryf te…
10 Sep 2019 4 min

Wat maak Willie daar? Hy kook

Willie Strauss het vroeër vanjaar in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor sy kookboek 'Daar is ’n engel in my koskas'. Strauss vertel meer oor sy feestelike kos-memoires wat lesers op ’n reis neem na die nostalgiese plaaslewe van sy Boesmanland-kinderjare van kosmaak…
6 Sep 2019 10 min

Nuwe musiekduo ‘anders, maar 100% eg’

Die nuwe musiekduo John James het pas hul eerste enkelsnit genaamd “Ek is meer werd” vrygestel en dié liedjie het sommer gou sy posisie op Maroela Media se Afrikaanse Top-20 ingeneem. Boonop was John James ook vanjaar saam met groot name in die bedryf by die Krone-konsert te sien.
29 Aug 2019 7 min

Watson ‘laat komplekse nalatenskap agter’

Gavin Watson was ’n gekompliseerde karakter en met sy dood laat hy ’n ingewikkelde nalatenskap agter. Dít is die mening van James-Brent Styan, medeskrywer van die boek 'The Bosasa Billions' wat dié dienstemaatskappy se betrokkenheid by ’n netwerk van staatskaping ondersoek het. Styan het met Esté Meyer Jansen gesels oor…
27 Aug 2019 7 min

Johny Klein: Storievertel se hartklop by Aardklop

Volgens Johny Klein het hy hom nog nooit self as ʼn gebore storieverteller gesien nie. Maar wanneer hy sy mond oopmaak, vloei die stories byna organies uit sy mond en kan jy nie anders nie as om aan sy lippe te hang en weggevoer te word na ʼn wêreld waar…
26 Aug 2019 10 min

Bok van Blerk: ‘As ek Afrikaans sing, gaan mense my hoor’

“Ek wil 'n positiewe boodskap daar buite sit. Ek dink dit is baie belangrik vandag in Suid-Afrika om positief te bly, al is dit hóé moeilik. Dit is belangrik om nie negatief te dink en afbrekende goed daar buite te sit nie, want jy gaan nêrens kom deur negatief te…
22 Aug 2019 16 min

Dawid Minnaar ‘streef na eerlikheid’ voor kamera én op verhoog

Om te luister hoe Dawid Minnaar oor teater praat, is soos om te luister hoe ʼn sjef sy kenmerkendste dis uiteensit. Hy het insig en begrip ver bo dít wat jou beperkte kennis van die onderwerp bied en praat met die wysheid wat slegs toegeskryf kan word aan jare lange…
12 Aug 2019 7 min
1000 – 1020