Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,202 Episodes
160 – 180

Hoekom sukkel ek om gewig te verloor?

In die eerste episode van Maroela Media se nuwe gesondheidspodsendingreeks gesels ons oor die sielkundige aspekte agter menigte se stryd teen die skaal.
5 Aug 2024 27 min

Nicholis Louw stort hart uit oor verlede, geloof

Maroela Media het ʼn openhartige gesprek met hom gehad oor sy pad in die musiekbedryf, die gewaarwordinge wat hy deur die jare moes maak en die lesse wat hy op duur wyses moes leer.
1 Aug 2024 32 min

Aanhanger inspireer Jo Black se jongste snit

“Mense het hulle swaar verdiende geld en kosbare tyd afgestaan om te kom sien hoe ek ʼn uur lank my passie uitleef. Die minste wat ek kan doen, is om 20 sekondes van my tyd terug te gee.”
31 Jul 2024 13 min

Gesonde gesinne: Maak jou kind se ja-beker vol

Nee is vir Lourindi Nel, ’n noodwoord, ’n soort kodewoord waarop haar kinders moet let en weet hulle moet nou luister. Sy verduidelik hoekom niemand van ʼn nee hou nie en hoe ouers ’n bot nee kan verander in iets meer aanvaarbaar sonder om op grense of dissipline in te…
26 Jul 2024 9 min

A cappella in Afrikaans bereik nuwe hoogtes

“Die Atterbury Trust het verskeie fokuspunte. Die een is natuurlik studente, dan ook gemeenskap en kultuur. Wat vir ons so mooi is van die a cappella-kompetisie, is dat dit al ons fokuspunte so goed saamvat.”
25 Jul 2024 12 min

Biden onttrek té laat

Jaco Kleynhans sê die Demokrate het die hele kwessie rondom pres. Joe Biden verkeerd hanteer.
22 Jul 2024 1 min

Kom bid saam vir ontwortelde Christene in Afrika

Elizabeth Botha van Geopende Deure Suider-Afrika het aanlyn met Maroela Media gesels en vertel van die getuienis van pastoor Barnabas en hoe hul organisasie hom en ander Christene in vlugtelingkampe op ons vasteland ondersteun. “Ten spyte van die haglike omstandighede waarin die vlugtelinge hulself bevind, is dit vir hulle wonderlik…
18 Jul 2024 16 min
160 – 180