Tieners moet nie uitmis op die absolute winskoop-maar-groot-vermaak wat Vrydagaand by die Ice Rink in I'langa Mall op hulle wag nie. Sandra Jacobs en Henri Gouws van Bos InniMall het met Ludi gesels oor die 80's-tema.
Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie is Bee Creative terug om die naweek die kleinspan kreatief te vermaak. Suzette van Zyl wat al jare saam met Innibos die woelwaters vermaak het met Amanda gesels.
Bos InniMall het afgeskop! Een van ons plaaslike kunstenaars wat daar optree, Coenie Naudé, is uiteraard baie opgewonde. Hy het met Mireille gesels. Besprekings vir die musiekvertonings is beskikbaar by die onderskeie restaurante. Besoek Innibos of I'langa Mall se webtuistes vir die besonderhede.
Die private grondeienaars wat 74% van die Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied besit, wil nie onttrek nie, maar dit lyk onvermydelik omdat daar nie by jarelange ooreenkomste oor die area se bestuur gehou word nie. Nico Oosthuizen veruidelik vir Ludi hulle hoop nog om dit te kan red.
Schalk Bezuidenhout is die week te sien saam met musikant Wesley van der Westhuizen. Die gehoor kan uitsien na komedie en oorspronklike liedjies, en hoewel sy sang swak is, is die musiek goed. Hy het met Robin gesels oor die vertoning.
Die internasionaal bekroonde plaaslike romantiese komedie “Kaalgat Karel” het Donderdag sy nasionale première by Bos Innimall. Regisseur Meg Rickards het met Gerhardt gesels.
Dowwa Dolla probeer al geruime tyd haar suigstokkie verkoop, maar die pandemie het dit in die wiele gery. Nou is sy op ‘n bietjie van ‘n vaarwel-toer. "As ek nie krap waar dit nie jeuk nie, doen ek mos nie my werk nie," sê Margit Meyer-Rödenbeck vir Amanda.
Juané le Roux, ‘n gr. 8-atleet van Hoërskool Nelspruit, het Saterdag tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o/14 opgestel. In hierdie klassifikasie het atlete ‘n enkele amputasie bo of onder die elmboog. Juané het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na…
Na die derde wilde perd in ses maande in Kaapsehoop verlede week doodgery is, heers daar opnuut kommer oor die perde. Leon Smith wat al vir 28 jaar in Kaapsehoop woon het vir Gerhardt vertel dat, hoewel hulle soms siek word, in ou goudmyne val en selfs soms in onwettige…
Die Unesco Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied sal deur ‘n advieskomitee bestuur word, sê die uitvoerende hoof van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap, Johannes Nobunga. Die MTPA is die bestuursgesag oor die gebied. Nobunga het met Ludi gesels oor al hul planne.
Twintig van Nelspruit Gimnastiek Akademie se gimnaste is op pad om in Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem. Amoré Gerber is vlak 8 en Jasmin Muller, Isabel Prinsloo en Iané Swart vlak 7 gimnaste. Hulle het met Gerhardt gesels oor hul liefde vir dié sport.
Dit is somer en met dit raak slange meer aktief. Soos die gesegde lui is die nie 'n kwessie van of jy dalk met een te doen gaan kry nie, maar eerder wanneer. Plaaslike slangvanger, Anneke van Schoor het vir Gerhardt vertel wat elke Laevelder van slange moet weet.
'n Kankerdiagnose is nie vreesaanjaend genoeg nie, maar kankerpasiënte staar gewoonlik ook 'n finansiële berg in die gesig, hetsy hulle nie 'n mediese fonds het nie, of hul fonds nie alle behandeling volledig dek nie. Moving Mountains se Izelle Pretorius het met Amanda gesels oor hoe dié organisasie kankerpasiënte prakties…
Die witrenoster-kalfie wat gered is nadat hy wees gelaat is as gevolg van 'n onlangse stropingsvoorval, is dood. Care for Wild Africa het onverpoosd gewerk om hom te probeer red nadat veldwagters van SANParke hom in die Manyeleti-natuurreservaat gekry het. Petronel Nieuwoudt, stigter en eienaar van Care for Wild Africa,…
Inheemse bloukurpers word was 'n hoogs bedreigde spesie geklassifiseer – weens verskeie bedreigings. Een daarvan is die Nylkurper wat die Bloukurper bedreig weens verbastering. Juandré Buchholz, 'n hengelaar met 'n passie vir die bewaring van inheemse visspesies, het met Gerhardt gesels.
Ekonomiese raadgewer vir die Optimum beleggingsgroep, dr. Roelof Botha, sê Suid-Afrika se ekonomie na die grendeltydperk van die Covid-pandemie op die herstelpad is. Hy sê die jongste data wys hoeveel industrieë reeds herstel het tot dieselfde vlakke of beter as voor die pandemie: dit sluit in landbou, uitvoere, kommoditeitspryse en…
Hilmar Backer is Sondag in ‘n fratsongeluk dood terwyl hy en ‘n vriend, Rudi Serfontein, in Delmas ‘n base jump gedoen het. Hy is wyd beskryf as iemand wat elke dag voluit geleef het, ‘n rolmodel was vir ander en vreesloos avontuurlustig was. Sy vriendin Denise von Zweel en mede-…
Hoërskool Bergvlam se Louise Fullard se passie is aanlyn digitale onderwys. Sy vertel vir Gerhardt hoe die Covid-19-pandemie die omarming van die vierde industriële revolusie versnel het.
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie 'n verskoning nie. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, het raad met hoe maatskappye Popia aan hul werknemers kan verduidelik om te verseker almal voldoen aan die vereistes.
Hoërskool Nelspruit se ontvangsdame, Theresa de Wet, is as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys by hul Gilde vir Kantoorpraktisyns se gala-aand verlede week. Sy het met Robin gesels oor dié groot eer.
6 Sep 2021
7 min
1040 – 1060
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.