Die plaaslike wetenskaplike Eurika Mogane is die naweek met ‘n internasionale eretoekenning vereer by die Forty under 40 Afrika-toekennings. Dit is in Ghana uitgeloof en Mogane het dit virtueel in ontvangs geneem. Dit was vir die werk waarby sy betrokke was om kommunikasie oor Covid-19 aan die begin van die…
‘n Maand gelede, op 24 Februarie, het Rusland Oekraïne binnegeval. Nadiya Beznar (36) het met haar Suid-Afrikaanse man, Derrick, en tweejarige seuntjie, gevlug, tot by sy familie in Nelspruit. Sy vertel wat sy ervaar het.
Vandag is presies twee jaar sedert pres. Cyril Ramaphosa die grendeltydperk aangekondig het. Ons kyk saam met ‘n paar mense terug na die massiewe veranderinge wat ons sedertien beleef het. Besoek Dearsouthafrica.co.za om ook jou stem te voeg tot die voorgestelde wetsveranderinge.
Die International Arts Talent Showcase (IATS) is op pad na Mbombela, waar oudisies vir voornemende modelle, akteurs, dansers en musikante op 28 Mei gehou word. Elsubie Verlinden, voorsitter en uitvoerende hoof van die talentagentskap 33&Me wat dit aanbied, het vanoggend vertel hoe hulle daardeur die afgelope 12 jaar $17,4 miljoen…
Dit is skoolvakansie en langnaweek en ongelukke gebeur. Pieter Nel van Pieter Nel Prokureurs, wat spesialiseer in derdeparty-eise sê die beste ding om te doen is om alles in jou vermoë te doen om in die eerste plek nie in 'n ongeluk betrokke te wees nie. Hy deel sy raad.
Hope for Wildlife se Jana Meyer was verlede week betrokke om ‘n olifantbul wie se slurp in ‘n strik verstrengel geraak het in die Groter Kruger-area, te verlos. Sy het met Mireille gesels oor die rol van helikopters in bewaring en hoe verskriklik strikke is.
Jannie Ferreira, ‘n fiksheidsinstrukteur en pa van twee, is vroeg Dinsdagoggend met ‘n mes in sy maag gesteek toe hy twee vermeende diewe in sy agterplaas in Percy Fitzpatrick-rylaan in Nelspruit betrap het. Hy is gelukkig nie ernstig gewond nie, en vamiddag reeds ontslaan. Hy het vir Mireille vertel hoekom…
Kaartjieverkope vir die Springbokke se 2022 tuistoetse open op 9 Maart, om 9-uur vir die publiek. Kaartjies vir die Bokke se Castle Lager Rugby Kampioenskap-wedstryd teen die All Blacks by Mbombela-stadion in Nelspruit op 6 Augustus sal beskikbaar wees by Computicket en die stadion-kantoor. Pryse daarvoor wissel van 150-Rand tot…
Pediatric Care Africa is terug van hul gebruiklike 7 000 km-motorfietsrit rondom Suid-Afrika. Hulle het op Valentynsdag in Witrivier weggetrek en Saterdag na 21 dae veilig teruggekeer. Dr. André Hattingh sê hulle is van die begin tot die einde wonderlik ondersteun deur ander motorfietsryers. "Ons ry met 'n doel," vertel…
Juanry Crous van Witrivier is Saterdag as Mev Mpumalanga 2022 gekroon tydens die gala by Communio-kerk. Dit was die eerste keer dat sy daarvoor ingeskryf het, en beskou dit as 'n goeie platform om haar te help om haar droom te verwesenlik: om jeugdiges op te lei en te bemagtig…
Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier het hande gevat om 'n teenboelieveldtog van stapel te stuur. Willem Engelbrecht, wat saam met sy broer Jo Black die "Be that guy" inisiatief begin het, het gister by die skole met leerlinge en ouers oor boeliegedrag gepraat. Loanette Caknis van Robbies sowel as…
Church Unlimited het amptelik hul nuwe kerkgebou ingewy met ‘n aanbiddingsdiens Sondag, 27 Februarie. Etienne Garnett-Bennett sê dit het sowat vyf jaar geneem omdat alles kontant gebou is. Met beperkings is daar tans 800 sitplekke, maar dit kan 1 500 mense akkomodeer. Hy sê hulle beoog om dit beskikbaar te…
Die "Our city of Mbombela" beoog om die hele munisipale area skoner, mooier en veiliger te maak deur inwoners en plaaslike sakeondernemings daarin te ondersteun. Sandra Jacobs, president van die Kruger-Laeveld-Sakekamer, sê die inisiatief het ten doel om organisasies wat hulself reeds daarvoor beywer, asook individue wil 'n verskil wil…
Hoërskool Nelspruit is Saterdag die trotse gasheer van die 72ste BUCO Laeveld Vriendskaplike Interhoër. Atlete van Penryn, Lowveld High, Hoërskool Barberton, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Bergvlam en Hoërskool Rob Ferreira sal sake op die baan en veld uitspook. Hoewel bywoning beperk word tot 2 000 leerlinge en beamptes, sal die dag…
Nelspruit Relay for Life (RFL) het vanjaar 'n nuwe tuiste. Dit vind op 9 April plaas by Eagles View Play Park op die Uitkyk-pad, ‘n ideale gesinsomgewing. Jaco Potgieter, eienaar van Eagles View Play Park, sê hy het dadelik die perseel aangebied toe hy hoor KANSA Laeveld wil RFL vanjaar…
Hierdie Valentynsdag kan jy die geleentheid kry om saam met ‘n Pumas-speler op ‘n afspraak te gaan. Lucky Dlepu is een van ses jong spelers wat graag dié dag van romanse met 'n Laeveldse nooi te spandeer. Dié 22-jarige skrumskakel is oorspronklik van Kaapstad. As jy dink julle twee kan…
Die kroning van Mev Mpumalanga 2022 is om die draai en beloof om, soos elke jaar, 'n produksie uit die boonste rakke te wees. Zane van Zyl, uitvoerende hoof van Mev. Mpumalanga, en Jacques Lombard, eienaar en bestuurende direkteur, vertel hoe 'n sterk groep deelnemers die kompetisie vanjaar gelok het,…
Die maand van liefde het aangebreek en hierdie Valentynsdag kan jy die geleentheid kry om saam met ‘n Pumas-speler op ‘n afspraak te gaan. ‘n Hele klomp van hierdie jongmans het hul name in die ring gegooi om ‘n bietjie nuwe mense te ontmoet – natuurlik van die skoner geslag…
Is jy lus vir 'n verandering hierdie Valentynsdag? Lundi Msenge (23), die Airlink Pumas se nuwe vleuel, is een van die spelers wat graag op 'n afspraak wil gaan met 'n Laeveldse vrou. Hy het ons 'n bietjie meer van homself vertel. As dit jou belangstelling prikkel, stuur vir ons…
Om nog 'n taal te leer, is die grootste geskenk wat jy jouself kan gee, sê Marie-Louise Botha van Bothabile African Language Institute. Sy het vir Mireille de Villiers 'n les gegee in siSwati.
31 Jan 2022
17 min
1060 – 1080
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.