100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,186 Episodes
1080 – 1100

Oppas, kees val binne 'n oogwenk aan

Max de Kock het aan die einde van Junie ‘n noue ontkoming gehad met ‘n bobbejaan by sy huis in Marlothpark. Wat ‘n gewone Sondagmiddag moes wees, het bitter vinnig verander nadat kees hom aangeval het, en gebyt het. Hy vertel vir Gerhardt hoe vinnig dit gebeur het.
5 Aug 2021 6 min

Hoe om jouself teen slenters te beskerm.

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) sê die grootste bedreiging wanneer dit by finansiële misdaad kom is “social engineerging” waardeur mense gefop word om hul besonderhede te deel en dan so besteel word. Daar is soveel voorbeelde van die praktyk, wat net in die laaste maand of twee in die nuus was…
3 Aug 2021 8 min

Dr. Anton Janse van Rensburg beantwoord jou vrae oor ivermektien

Dr. Anton Janse van Rensburg, 'n mediese dokter met baie ervaring as 'n toksikoloog, sê hy behandel al sy Covid-19-pasiënte met ivermektien - en met goeie resultate. Volgens hom word dit reeds 40 jaar lank in mense gebruik en as veiliger beskou word as aspirien. Sommige weergawes wat vir diere…
3 Aug 2021 17 min

Mense kry swaar, sê Sanca

Mense sukkel om kop bo water te hou, sê Marina Erasmus van Sanca Laeveld. Die wêreld het sedert April 2020 baie verander en tot op hede het dit nog nie makliker geword nie. "Dit is nie soseer dat mense in hierdie tyd meer dwelms gebruik nie weens verveling of opwinding…
2 Aug 2021 7 min

BCJ: Meer omvattende benadering tot ondersoeke nodig

Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice het geen bekendstelling nodig nie. Hierdie ervare ondersoeker is dikwels ook ongesiens agter die skerms betrokke met die oplos van misdaad. Hy het met Ludi gesels oor hoe ooglopend verskillende misdade aan mekaar verwant is.
30 Jul 2021 4 min

Dreamville Take 2 uiteindelik op die Vlammie-planke na Covid

Hoërskool Bergvlam se revue is vanjaar “Dreamville” Dit word van 10 tot 13 Augustus aangebied by die skool en is ‘n mengsel tussen “Pretville” en “Hairspray”. Dit is egter “Dreamville Take 2” omdat dit verlede jaar weens die Covid-pandemie gekanselleer moes word. Tamira Jamal en Caleb Hardnick het vir Gerhardt…
29 Jul 2021 7 min

Laevelders spog met Spingbokkleure in koorsang

Vyf Laeveld-leerlinge het onlangs hul Springbokkleure ontvang as lede van die Mpumalanga-jeugkoor na die koor ‘n eerste en tweede plek behaal het by Talent America in Desember. Almal is leerlinge aan Curro Nelspruit: Eleanor Schwirzer, Danika van Deventer, Janno Janse van Rensburg, Christiaan Burger asook Max Schwirzer (hy en Eleanor…
28 Jul 2021 8 min

Arrie en Rénaldia Henn groet die Nellies

Na 35 jaar in die onderwys roep Arrie en Rénaldia Henn die beroep – en die Laeveld - vaarwel toe. Arrie is reeds 22 jaar die hoof by Laerskool Nelspruit. Rénaldia het in 2000 die Nellie Miere-kleuterskool begin. Albei sê dit was 'n ongelooflike voorreg, en hulle gaan baie na…
28 Jul 2021 17 min

Geniet 'n koppie tee saam met Jak de Priester

Jak de Priester is ‘n storieverteller. Hy is Saterdag die vyfde kunstenaar by Innibos en RadioLaeveld se In jou huis-konsertreeks. Hy met Sanett gesels oor die inspirasie vir sy blog, “Koppieteefontein”. Luister weer hier daarna:
27 Jul 2021 19 min

Dowwe Dolla deel hoe om 'n goeie grappie te vertel

Margit Meyer Rödenbeck, oftewel Dowwe Dolla, sê sy is nie van nature snaaks nie, maar kan die snaaks sien in dinge. Sy ken egter van komedie, en het 'n "mini-werkswinkel" tydens Sanett te program aangebied om jou te help om 'n grappie beter te kan vertel.
22 Jul 2021 4 min

Plaaslike sekuriteitsmaatskappy span saam om die Laeveld te beveilig

Daar is tans geen teken van oproerigheid in die Laeveld nie. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye werk ook nou amptelik saam. Callum MacPherson van Hi-Tech Nelspruit, Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice en John Meintjes van ACS Sekuriteit en Nelspruit GPF bestuur die gesamentlike operasionele komitee (JOC). Hulle het met Ludi gesels oor…
14 Jul 2021 4 min

Baba Ayden gediagnoseer met HIE

Klein baba Ayden van Niekerk, wat twee maande gelede by die huis in Lydenburg ophou asemhaal het, is met HIE gediagnoseer. Sy ma, Estelle van Niekerk, het vir Sanett verduidelik dat 'n tweede MRI gister bevestig het dat sy hele brein skade gelei het. Sy hoop egter steeds vir 'n…
7 Jul 2021 1 min

Ters-betalings weer goedgekeur vir restaurante

Eienaars van restaurante mag weer binnekort aansoek doen vir hulp met die betaling van salarisse. Aansoeke sal waarskynlik binne die volgende twee weke open vir uitbetalings vir Julie. Dit is ‘n oorwinning vir elke restaurant-eienaar en werknemer. Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) sê die regering het ‘n verantwoordelikheid teenoor restaurante,…
6 Jul 2021 2 min

S33K die volgende stap vir leiers in tegnologiese vooruitgang

CAJV het verlede Vrydag ‘n opwindende nuwe projek in Witrivier bekendgestel wat die gesig van tegnologiese vooruitgang in die land na die hoogste vlak neem. Saam met die internasionale leiers in kunsmatige intelligensie en kubersekuriteit, Protected by Artificial Intelligence (PBAI) – is S33K ontwikkel.
2 Jul 2021 11 min

Covid-inentings: Wat is jou regte by die werk?

Dit gons oor Covid-inentings in die werksplek. Ingevolge wetgewing is daar niks wat werkgewers verhoed om te vereis dat werknemers ingeënt moet word nie. Maar, sê Carmen Saffy, ‘n arbeidsprokureur by Walters & Stander, werknemers het ook regte. Sy het dit in meer besonderhede aan Sanett verduidelik.
24 Jun 2021 20 min

Die impak van eiendomswaardasies

Mbombela-munisipaliteit het die jongste waardasierol van eiendomme voltooi en eienaars kan vanaf 1 Julie tot 6 Augustus toegang tot dié rol verkry. Raadslid Kleinste Janse van Rensburg het met Ludi gesels oor die implikasies wat dit vir eienaars van residensiële, kommersiële en landbougrond inhou.
23 Jun 2021 13 min

Boelies in die werksplek: Hier is raad

Wie is nie ‘n boelie nie? vra Hein Hofmeyr, opvoedkundige sielkundige van Mbombela. Hy sê dit kan enigiemand wees wat jou afknou. Nee, jy los boelies nie altyd op skool agter nie. Hulle volg 'n mens soms tot in die ouetehuis. Hy het met Sanett hieroor gesels.
11 Jun 2021 14 min

Moenie 'boelies' te vinnig oordeel nie

'n Mens word ál meer bewus van boeliegedrag. Le-Verne Wagner, ‘n opvoedkundige sielkundige wat in Mbombela woon, sê daar is verskillende tipes boelies. Sy het vir Sanett vertel hoe boeliegedrag ook misverstaan kan word. 'n Mens moet baie versigtig wees, sê sy.
4 Jun 2021 19 min

Klubrugby: Geen toeskouers by derby, asseblief

Witrivier en Nelspruit se rugbyspanne sê mekaar Saterdag vir die eerste keer sedert die 2019-seisoen die stryd aan. Ongelukkig mag geen toeskouers by die veld toegelaat word nie weens inperkingsregulasies. Fanie Roos, ondervoorsitter van Witrivier-rugbyklub, en Morné Crous, afrigter van Nelspruit-rugbyklub, het meer met Ludi daaroor gesels.
2 Jun 2021 21 min

Regstappe beplan na vals nuus oor stroping

‘n Herrie het losgebars na 'n groep toeriste gesien het hoe 'n dooie renoster se horing deur 'n veldwagter in die Krugerwildtuin verwyder word. Media het berig dat die voorval vrae laat ontstaan het oor of die veldwagter self betrokke is by stroping. Ike Phaahla, sê hulle beplan regstappe teen…
26 May 2021 11 min
1080 – 1100