100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,171 Episodes
280 – 300

Pumas die naweek tuis in Curriebeker-aksie

Die Pumas het die Curriebeker die naweek afgeskop met 'n sege oor die Griekwas van 44-24 in Kimberley. Hul eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela teen die Leeus. Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg hoop dit word goed ondersteun.
9 Jul 2024 13 min

Twee erge brande woed voort in die Laeveld

Die Laeveld-brandbestryders-vereniging beveg sedert Vrydag verskeie brande. André Scheepers van Lefpa sê tans is twee aktief in die streek: Dit is tussen Witrivier en Sabie en Hazyview sowel as die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind het vanoggend gaan lê, maar dit waai nog kwaai in areas wat hul taak aansienlik…
9 Jul 2024 3 min

Belastingseisoen is hier: Wat jy moet weet

Die belastingseisoen het aangebreek. Jy wil nie aan die verkeerde kant van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beland nie, maan Werner Oosthuizen, 'n finansiële advideur van Efficient Wealth Nelspruit.
4 Jul 2024 14 min

Jane Sithole teiken werkskepping deur gemak van sake doen te verbeter

Jane Sithole, die leier van die DA in Mpumalanga, is Sondagaand as adjunkminister van Kleinsake-ontwikkeling in president Cyril Ramaphosa se kabinet aangewys. Sy sê hoewel entrepreneurs ‘n magdom uitdagings in die gesig staar, is een van die belangrikste kwessies om struikelblokke uit hul weg te ruim. Sy sê se sien…
2 Jul 2024 8 min

Kok Corli bly naby wortels

Corli Prinsloo (néé Botha) was tydens Innibos te sien in die llefstyl-produksie KOStelik saam met Leon Gropp en het sommer haar alma mater, Hoërskool Nelspruit, se kombuis en leerlinge ingespan as assistente.
2 Jul 2024 5 min

Boekgesprekke by 100.5FM: Riaan Grobler

Riaan Grobler was die finale gas tydens 100.5FM se daaglikse boekgesprekke by Innibos. Hy het gesels met Sanett Oosthuizen oor sy debuutroman, “Geheime op Philadelphia”.
29 Jun 2024 42 min

Ontmoet die Piesangskille

Die Piesangskille, twee studente van Potchefstroom, tree al so twee jaar op, en kry vanaand by Innibos die geleentheid om op die hoofverhoog op te tree.
29 Jun 2024 9 min

ATKV-Boeke-crawl

Etienne van Heerden, Ultracoustic Duo, Koos Kombuis, Jana Cilliers, Refentse en Johny Klein was almal te sien by die ATKV-Boeke-crawl in Kaapsehoop, een van Innibos se gewildste produksies waarvan hulle jaarliks die wenresep vervolmaak.
28 Jun 2024 11 min

Boekgesprekke by 100.5FM: Amore Bekker

Amore Bekker was vanoggend ons gas tydens 100.5FM se daaglikse boekgesprekke op die Innibos-feesterrein. Sy gesels met Sanett Oosthuizen oor haar nuwe boek: Ek het 'n engel gesien.
28 Jun 2024 33 min

Boekgesprekke by 100.5FM: Leon van Nierop

Leon van Nierop was Sanett Oosthuizen se eerste gas tydens die daaglikse boekgesprekke by 100.5FM op die Innibos-feesterrein. Hulle gesels oor sy nuwe roman, Droomjagter.
28 Jun 2024 38 min

Trots Mbombela Galito's mik vir sterre

Galito's is in Mbombela gebore en kon tot dusver groei tot 300 winkels op 5 kontinente. Louis Germishuys besturende direkteur van Galito's gesels by Innibos met 100.5FM.
28 Jun 2024 8 min

'Een': komedie enig in sy soort

Een (1) is 'n tragikomedie uit die pen van Henriëtta Gryffenberg oor 'n paartjie wat so lief was vir mekaar dat hulle aan mekaar vasgegroei het, maar nou wil hulle skei... Cindy Swanepoel en Zak Hendrikz gesels oor wat dit hulle geleer het oor hul eie verhoudings.
26 Jun 2024 15 min

Ballade vir ’n blikbrein: Humor wat hoop gee

In die eenmanstuk "Ballade vir ’n blikbrein" skitter Luan Jacobs as Blikkies Bliknaut, ’n robot wat soos ’n mens lyk, maar hiperslimmer en hiper-sterker is. Die bliksiel word deur algoritmes voorgeskryf, maar sy grootste wens is om emosie te ervaar. Teksskrywer Barry van Rensburg kuier in die 100.5FM-ateljee.
25 Jun 2024 15 min

Plaasjapie: Laevelder maak golwe

Somatoloog, Monique Hobkirk (43), se beurt op die tweede seisoen van die reeks, "Plaasjapie", het tot 'n einde gekom toe sy gisteraand uitgestem is. Sy gesels met Sonop Ontbyt oor haar ervaring op dié werklikheidsreeks.
21 Jun 2024 19 min

Innibos 2024: Voorwaar 'n wenresep

Innibos neem oor 'n week weer die Laeveld op horings. Sandra Jacobs en Philna Scholtz vertel na watter wenresep feesgangers vanjaar uit kan sien.
20 Jun 2024 16 min
280 – 300