100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,171 Episodes
300 – 320

Ondersteun KANSA by Innibos

KANSA Laeveld verkoop tydens volgende week tydens Innibos handgemaakte komberse en poncho's wat jou snags tydens die konserte warm sal hou. Rinella Jansen van Vuuren en Elsie Fourie gesels met Amanda.
20 Jun 2024 8 min

Refleksologie help met enige kwaal

Refleksologie bestaan al meer as 5 000 jaar, en bly 'n gewilde manier om pyn te verlig. Dit is ook baie effektief om allerhei ander kwale te behandel, vertel somatoloog en refleksioloog, Delrize van der Merwe.
19 Jun 2024 12 min

Foto's en video in een pakket

Loots Photography en Frames by James het kragte saamgesnoer om 'n formidabele span te maak om jou geleenthede te verewig op film en foto's. Francois Loots en Gené James vertel.
18 Jun 2024 10 min

Skenk Saterdag bloed en red lewens

SANBS soek jou bloed - en hou Saterdag 'n groot insamelingsveldtog by i'langa Mall. Palesa Mazibuko gesels met Sonop Ontbyt oor die proses van lewensreddende bloed skenk.
14 Jun 2024 8 min

Wat maak 'n kar klassiek?

Sondag is Vadersdag en die Ou Wiele-klub beplan 'n baie spesiale geleentheid. Hulle gesels oor klassieke karre met Sonop Ontbyt.
14 Jun 2024 12 min

Francois Jacobs gesels met... by Innibos

Francois Jacobs gesels op die vooraand van Innibos met Sonop Ontbyt oor die bedryf en waarna feesgangers kan uitsien van hom by die Boma-kuierteater. Sy gesels gaste sluit in Brendan Peyper - wat soos Jacobs self 'n deelnemers was aan Op My Eish!
7 Jun 2024 10 min

Ballonne: Die nuwe blomme by 'n funksie?

Lucinda Rossouw van Eventually Events 4 U is absoluut passievol daaroor om die ongewone bymekaar te sit om elke funksie waarby sy betrokke is, onvergeetlik te maak.
7 Jun 2024 5 min

Ontmoet klapgeveg-kampioen

Jaco Marnaveck, die "Groot Wit" was Saterdag die wenner van die Klapgeveg wat by Mustangs aangebied is.
6 Jun 2024 11 min

SACBW werkswinkel baat jeugdiges op alle gebiede

Die South African Council for Businesswomen (SACBW) bied jaarliks werkswinkel aan waar die jeug lewensvaardighede leer. Annalize Maré en Petro Bekker van die Laeveld-tak vertel meer.
4 Jun 2024 8 min

Elvis Blue kom Innibos toe per fiets

Elvis Blue het Saterdag weggespring om die 1 500 km tussen George en Nelspruit per fiets af te lê. Die doel is om geld in te samel vir beide Life Community in George, en die Daantjie Orphan Project in Nelspruit. Hy het op die vooraand met Skedaddle gesels.
3 Jun 2024 10 min

Lowveld Food Socks voer vier mense in japtrap

Barbara Kuhn het Lowveld Food Socks begin gebruik met die oog om haar gesin se eie voedselrekening te verminder. Nou versprei sy hierdie veelsydige, gerieflike, goedkoop maaltyd-opsie in die Laeveld saam met haar seun, Xavier.
30 May 2024 9 min

Laeveld JOC gereed vir verkiesing

Die Laeveld JOC en alle rolspelers in die sekuriteitsektor is op volle gereedheid vir môre se stemdag. John Meintjies en Frank Swanepoel gesels met Sonop Ontbyt oor wat hulle verwag.
28 May 2024 10 min

Sania Lemmer publiseer nuwe book oor OSV

Sania Lemmer het onlangs 'n nuwe boek oor outismespektrumversteuring gepubliseer. Dit het te doel om ander ouers van kinders met die toestand te help. Sy gesels met Skedaddle.
27 May 2024 14 min

Avontuurjagters skiet reeks in Laeveld

Chantel Jacobs is die aanbieder van Avontuurjagters wat tans in die Laeveld geskiet word. Die fokus is op wat daar in dorpies vir toeriste is om te doen, en in Nelspruit het hulle ook gefokus op wat die sekuriteitsmaatskappye doen om inwoners te beveilig. Sy gesels met Coenie.
27 May 2024 6 min

Hoe werk die derde stembrief dié verkiesing?

Woensdag hou Suid-Afrika verkiesing. Daar is twee veranderinge vanjaar: Jy moet by die lokaal stem waar jy geregistreer is, en daar is 'n derde stembrief - 'n nuutjie vir 'n algemene verkiesing. TC Chembeni verduidelik hoe dit werk.
27 May 2024 13 min

Penryn loods TS Galaxy Jeugakademie

Penryn het hande geneem met die enigste sokkerklub in Mpumalanga wat in die premierliga speel om die TS Galaxy jeugakademie te stig. Michael Eisen, Penryn se hoof, vertel meer.
24 May 2024 12 min

Jy het waarskynklik posttraumatiese stresversteuring

Die meeste Suid-Afrikaanse volwassenes ly aan 'n mate van posttraumatiese stresversteuring. Sonja Stadler is 'n positiewe sielkundige wat by die KLCBT se jaarvergering raad gegee het. Linda Grimbeek deel dit.
20 May 2024 14 min

Skoonheidsadvies van Hannon

Hannon Bothma, die Glam Guru, kuier by Amanda in die ateljee en deel 'n paar skoonheidswenke wat jou in 'n kits op sal kikker.
20 May 2024 13 min
300 – 320