Johan Lerm is Die Groenteboer. Hy maak al sedert die Covid-pandemie in 2020 chilliesouse uit die boonste rakke. Jy sal hom by haas enige mark in die Laeveld vind. Kom proe.
Dr. Tros Bekker, ‘n algemene praktisyn van Pretoria, is al beboet oor sy uitlatings oor die “scam-demie”, maar hou aan waarsku teen wat hy beskou as die gevare van inentings. Hy het met Sonop Ontbyt gesels oor waarop hy hierdie siening grond.
Lianda Wells wou al van haar kinderdae 'n prokureur word en het heel toevallig by aktes opgeëindig. Sy raai enigiemand wat ook 'n prokureur wil word, om 'n bietjie tyd by 'n regsfirma te spandeer. Luister weer hier.
Roman's Pizza Nelspruit is vanjaar die borg van Sonop Ontbyt se kosblikkieprojek. Jaco en Ronel Uys gaan hand bysit deur elke Woensdag in Maart aan die 40 kinders by Laerskool Bergland pizza te skenk.
Doctor Khumalo skilder in gemengde medium. Hy kan vir jou enigiets verf wat jy vir jou huis of kantoor verlang. Jy sal hom toevallig op 'n straathoek aantref besig om te werk, maar jy kan hom ook direk kontek. Gaan kyk na sy werk by DoctorTizaKhumalo op Instagram.
Na die sukses van Kuns Inni Liedjiebos by Innibos verlede jaar het die komponis, Lizanne Barnard, besluit om dit 'n langtermynprojek te maak. Sy versoek oorspronklike gedigte van die publiek wat sy in liedere sal omskep en een keer 'n maand opvoer by 'n digterlike aand.
Club 21-leersentrum vir mense met downsindroom het in Januarie 'n skool in Mbombela geopen vir kinders met downsindroom. Amanda Fourie, hoof van Club 21, gesels met Skedaddle oor hul vordering.
Leandré Coetzer, die bestuurder van Safari Country Nelspruit, is 'n buitelugmens. Met visvang het sy grootgeword, maar sy het verlede jaar vir die eerste keer gejag.
Leandri Bester wil met Princess to Queen meisies help om die matriekafskeid te hê wat hulle dalk nie kan bekostig nie. Dit het haar laat besef jong vroue wat die grootmenswêreld betree benodig ook 'n paar basiese vaardighede.
Die pediatriese brandeenheid by Rob Ferreira-hospitaal word vanaf volgende week opgeknap. Dr. Elliot Motloung lei dié inisiatief. Hy gesels met Skedaddle, wat self gaan hand bysit Maandag.
Nina Brand, oorspronklik van die Laeveld, maak opgang in die musiekbedryf. Die voormalige leerling van Penryn gesels met Skedaddle oor haar jongste enkelsnit, "Ruined Love for Me".
Mariëtte Jordaan en Delene de Lange het met ander vroue hande geneem en met die WSW (Women Supporting Women)-veldtog volgende maand beoog hulle om vroue te help om hulself te bemagtig.
Altesaam 2 616 motorfietsryers het Saterdag 24 Februarie tussen Jeffreysbaai en Stormsrivier 'n wêreldrekord aangedurf vir die meeste motorfietse ooit wat deelneem aan 'n welwillendheidsrit ten bate van siek kinders. Dit was deel van die vyfde jaarlikse Ride for a Child-veldtog om fondse in te samel om mediese sorg aan…
Kenneth van Zyl is 'n professionele fotograaf wat spesialiseer in die neem van sport- sowel as vermaakfoto's. Hy deel die fynere kunsies van die beroep en sê 'n mens moet nooit ophou leer nie.
Joshua Swart, 'n gr. 7-leering aan Laerskool Laeveld, het onlangs sy skool se redenaarskompetisie gewen met sy argument dat ouers strenger moet wees. Hy gesels met Skedaddle.
Pieter Malan, 'n Laeveldse chef en oud-omroeper by Radio Laeveld, het brons gewen by die gesogte IKA Kulinêre Olimpiese Spele wat onlangs in Stuttgart, Duitsland plaasgevind het. Hy werk tans in Ghana en is op besoek aan Suid-Afrika waar sy jong gesin nog woon. Hy kuier by Skedaddle.
Petrus Sitho baklei vir boere, want die regering weier om ons boere te help en te beskerm. Hy sê vir Sonop Ontbyt Suid-Afrikaners moet hande vat en saamstaan.
Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Penryn se dirigente het by Sonop Ontbyt in die ateljee kom kuier.
22 Feb 2024
4 min
320 – 340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.