100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,268 Episodes
340 – 360

Groener oplossings gesoek

Die Mpumalanga Green Cluster Agency, ‘n nie-winsgewende organisasie wat in 2022 gestig is om te help met die billike en regverdige energie-oorgang ondersteun ondernemings wat hul deel doen vir ʼn groener ekonomie. Gift Mkhatshwa vertel meer. Opskud! Inskrywings vir die SMME Green Innovation Challenge sluit Vrydag.
27 Aug 2024 7 min

Veldtog teen onwettige mediese prosedures van stapel gestuur

We Care 4 Nelspruit is op 'n missie om 'n einde te bring aan onwettige agterstraat aborsies en die advertering van sinlose "mediese" behandeling - ten einde die algemene publiek te beskerm. TJ Maré gesels met Sonop Ontbyt oor wat jy kan doen.
26 Aug 2024 8 min

FOPK rock eersdaags ten bate van diere

Fokofpolisiekar is die suksesvolste Afrikaanse rockgroep wat na 24 jaar nuwe aanhangers bly vind. Baskitaarspeler, Wynand Myburgh, gesels op die vooraand van Woofstock met Skedaddle oor die wilde rit waarop die groep steeds is.
22 Aug 2024 10 min

Ondersteun mense met gestremdhede op 6 Sept

Vrydag 6 September is Loslit-dag ten bate van mense met gestremdhede. Thulakahle Khumalo en Tsakani Ndlovu van die Mpumalanga APD gesels oor wat dit vir hulle beteken.
20 Aug 2024 9 min

Alles oor tweepot-pensioenfondsstelsel in 10 minute

Wat presies behels die tweepot-pensioenfondsstelsel wat 1 September in werking tree? Ilse van Biljon van die Citadel-groep verduidelik hoe dit werk, wie die raak, en wat die implikasies daarvan is.
15 Aug 2024 9 min

Sussies sing wêreld aan die brand

Moya & Iona is twee Suid-Afrikaanse susies wat tans in Bermuda woon en saam musiek maak. Hulle gesels met Skedaddle oor hul jongste enkelsnit.
15 Aug 2024 8 min

Groot Curriebeker-geveg môre by Mbombela

Die Curriebeker voorlopers, die Bulle, reis môre na die Laeveld om die Airlink Pumas die stryd aan te kom sê. Die spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hulle verwag dat die Bulle 'n punt teen hulle sal wil bewys.
15 Aug 2024 8 min

Kiaat-apteek: Nou 24/7 daar vir jou

Kiaat Private Hospitaal het die afgelope jare baie gegroei en bied nou alle spesialiteitsdienste. Eda Verster, die bestuurder van die apteek, gesels met Sonop Ontbyt oor hul 10 jaar in die Laeveld. Dié apteek is nou 24/7 oop met 'n gekwalifiseerde apteker wat altyd aan diens is.
15 Aug 2024 11 min

Mbombela-gholfklub se bestuurder met toekenning vereer

Die uitvoerende beampte van Mbombela-gholfklub, Darren Plumb, was onlangs die wenner van die PGA of SA se bestuurstoekenning vir die Gauteng-Noord-streek en ding eersdaags mee om die nasionale toekenning.
14 Aug 2024 5 min

Hoe om jou elektrisiteitsmeter te herprogrammeer

Alle voorafbetaalde elektrisiteitsmeters landwyd is geprogrammeer om slegs tot 24 November te werk. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, verduidelik wat jy moet doen om te verseker jy het daarna nog krag.
7 Aug 2024 12 min

Vroue vier Vrouemaand en leer pret 'life hacks'

Die Laeveld-tak van die SACBW beplan 'n pret vroueoggend vir hul Vrouemaand viering in Augustus. Lede Denize Moller en Isaura Cardoso vertel watter waarde dit vir hulle bied om aan hierdie netwerk- en uitreik-organisasie te behoort.
6 Aug 2024 4 min

Suksesverhaal op digitale opsitkers

Ryan en Dominique het aanlyn ontmoet. Hulle is nou nege jaar saam en sewe jaar getroud. Hulle vertel vir Sonop Ontbyt oor hul sukses met 'n digitale opsitkers.
2 Aug 2024 14 min

NHS Rhinos witwarm die seisoen

Die Rhinos, Hoërskool Nelspruit se eerste rugbyspan, was witwarm in hul afgelope drie wedstryde in die Noordvaal-beker deur sterk spanne in Garsfontein, Monument en Menlopark te wen. Die afrigter, Hennie Skorbinski, en kaptein, Ian Wood, gesels met Skedaddle.
2 Aug 2024 10 min

Daar is heuning en dan is daar heuning

Inge Austin, 'n plaaslike byeboer, is onlangs verkies tot die ondervoorsitter van Sabio, wat die byebedryf reguleer. Die hele komitee bestaan vir die eerste keer uit slegs vroue. Sy gesels oor bye en wat die verskil is tussen regte, egte heuning en dit wat ingevoer word.
1 Aug 2024 13 min
340 – 360