100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,122 Episodes
400 – 420

Childline hier vir kinders in Mpu

Childline het in slegs die afgelope ses maande duisende oproepe ontvang van kinders regoor Mpumalanga wat hul benodig. Dr., Benita Nel sê hulle stap ook 'n pad met tans 139 behoeftige kinders, aan wie die basiese skoolbenodighede 'n wêreld se verskil sal maak.
6 Feb 2024 15 min

Ruggedwear steeds trots Suid-Afrikaans

Ruggedwear bly na al die jare trots Laeveld. Hul winkel trk tans 'n nuwe baadjie aan en Howard Rogerson en Lyzelle Chaffey kan nie wat om die publiek Maandag daar hartlik te verwelkom nie.
6 Feb 2024 7 min

Vyfde Ride for a Child skop Sondag af

Pediatric Care Africa (PCA) vertrek op 11 Februarie uit Witirivier vir die vyfde Ride for a Child-motorfietsrit om skenkings in te samel vir mediese dienste vir behoeftige kinders. Vanjaar gaan hulle ook 'n wêreldrekord vir motorfietse aanpak. Dr. André Hattingh gesels met Sonop Ontbyt.
6 Feb 2024 13 min

Sondag is Wêreldkankerdag

Elke jaar word Wêreldkankerdag op 4 Februarie herdenk. Anita Schomburg, die dienskoördineerder by KANSA Laeveld, gesels met Amanda oor die mees algemele vorme van kanker wat mans en vroue kry.
2 Feb 2024 15 min

Registreer die naweek om te stem

Almal wat kan praat het ʼn beroep gedoen op alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners om die naweek in groot getalle te gaan registreer vir vanjaar se algemene verkiesing. Minstens 27-miljoen mense het tot dusver geregistreer om te stem. Monique Bornman van die VF+ gesels met Sonop Ontbyt oor die noodsaaklikheid daarvan jou…
2 Feb 2024 7 min

Stokperdjies: Ontmoet die Mentalist

Riaan Loubser van Unigrad werk al sy hele professionele lewe in opleiding. Tog is die aantrekkingskrag van die vermaaklikheidsbedryf sedert sy kinderdae net te sterk en hou sy passie daarvoor dit as 'n konstante "kant-werkie" in sy lewe.
2 Feb 2024 18 min

Pits Paints stel Tool Hub bekend

Pits Paints verskaf al jare ook gereedskap, en het verlede jaar Tool Hub bekendgestel. Dit is 'n winkel in 'n winkel, verduidelik Herman Bornman oor sy hoogs kompeterend geprysde aanbiedinge.
1 Feb 2024 6 min

Kunsmark eintlik klein winkelsentrum

Peta de Wet reël sedert voor Covid gereelde kunsmarkte in die Laeveld wat top-gehalte plaaslike produkte ten toon gestel word. Sy vertel dit is nie 'n vlooimark nie, maar eerder 'n tipe winkelsentrum vir klein sakeondernemings. Sy deel haar passie vir kleinsake.
31 Jan 2024 10 min

Laerskool Witrivier vier 120 jaar

Laerskool Witrivier is vanjaar 120 jaar oud. Elsabe de Bruyn is deel van die reëlingskomitee. Sy vertel waarna die gemeenskap alles uit kan sien tydens hul vieringe op 1 en 2 Maart.
31 Jan 2024 8 min

Beroepe: Oogkundiges is mens-mense

Oogkundiges toets nie heeldag en aldag mense se oë nie. Annedine Valentyn, 'n oogkundige in Mbombela, sê jy werk met mense (al is daar ook 'n bietjie administrasiewerk wanneer jy eie praktyk het).
29 Jan 2024 9 min

MSM stel aanlyn platform bekend

Macadamia Services Management stel op 15 Februarie ‘n aanlyn platform bekend om die industrie verder te bevorder. Jo Black gaan ook daar wees, vertel Cobus Kok vir Sonop Ontbyt.
29 Jan 2024 14 min

AmberMacs hou weer ekspo

Die AmberMacs Macadamia Expo 2024 vind op 8 en 9 Februarie weer in die Laeveld plaas. AmberMacs bestuurder, Philip Moufarrige, gesels met Sonop Ontbyt.
26 Jan 2024 14 min

Sonop gaan Bos met junior Ereveldwagters

Die SANParke Ereveldwagters stel vanaand om 18:00 by Umbali die 2024 program vir die Laeveld bekend. Chris Daniel gesels met Sonop Ontbyt oor hoe jongelinge by hulle aan kan sluit.
26 Jan 2024 14 min

LSE: Jy kan van niks af begin

Surette Braack van Lowveld Sewing Academy sê jy hoef absoluut niks te weet om te begin naaldwerk doen nie - daardie onus rus op haar.
25 Jan 2024 12 min

Mode en ontwerp: Toekomsopsies is legio

Ontwerp en modeontwerp maak ongelooflke deure oop vir jong entrepreneurs. Marilize Heyneke en Lesley Ings van Xela Fashion & Design Studio vertel.
25 Jan 2024 12 min

Soap Galore 'n towerseep met olyfolie

Soap Galore gebruik olyfolie as basis en verder is dit 100% natuurlik en handgemaak - en eg Laevelds. Frikkie Coetzee vertel meer oor die voordele van die seep, wat geen chemikalieë bevat nie.
24 Jan 2024 9 min

Buckets of Blessings bied hoop in moeilike omstandighede

Buckets of Blessings is meer as net Ciabattabrood - dit is ook 'n baken van hoop in moeilike omstandighede. Louis Leonard gesels met ons oor hoe hy die onderneming op die been gebring het na hy met MS gediagnoseer is.
24 Jan 2024 6 min

Beroepe: Wat doen 'n bedryfsielkundige

Linda Brenchley, 'n plaaslike bedryfsielkundige, is passievol oor beroepsvoorligting, omdat sy self so gesukkel het om haar loopbaan pad te vind. Sy sê egter ouers moenie soveel druk op kinders sit om te oorpresteer nie, of om te jonk al te moet weet wat hulle eendag met hul lewens wil…
23 Jan 2024 16 min

Ploeg terug: Van der Walt Tandartse kyk na jong tande

Van der Walt Tandartse fokus op kinders se tande wanneer hulle terugploeg in die gemeenskap. Dr. Liezl van der Walt kuier saam met hul Tandemuis-gelukbringer in die ateljee om meer te vertel oor hul borgskappe van mondskerms sowel as hul inkleurkompetisie. Die maandelikse wennertjie mag 'n nie-winsgewende organisasie kies om…
23 Jan 2024 9 min
400 – 420