100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,172 Episodes
420 – 440

WSW-veldtog bemagtig vroue

Mariëtte Jordaan en Delene de Lange het met ander vroue hande geneem en met die WSW (Women Supporting Women)-veldtog volgende maand beoog hulle om vroue te help om hulself te bemagtig.
27 Feb 2024 13 min

Meer as 2 000 motorfietse ry saam vir kinders

Altesaam 2 616 motorfietsryers het Saterdag 24 Februarie tussen Jeffreysbaai en Stormsrivier 'n wêreldrekord aangedurf vir die meeste motorfietse ooit wat deelneem aan 'n welwillendheidsrit ten bate van siek kinders. Dit was deel van die vyfde jaarlikse Ride for a Child-veldtog om fondse in te samel om mediese sorg aan…
26 Feb 2024 1 min

Loopbane: Professionele fotograaf

Kenneth van Zyl is 'n professionele fotograaf wat spesialiseer in die neem van sport- sowel as vermaakfoto's. Hy deel die fynere kunsies van die beroep en sê 'n mens moet nooit ophou leer nie.
26 Feb 2024 17 min

Joshua Swart: Ouers moet weer gehoor word

Joshua Swart, 'n gr. 7-leering aan Laerskool Laeveld, het onlangs sy skool se redenaarskompetisie gewen met sy argument dat ouers strenger moet wees. Hy gesels met Skedaddle.
23 Feb 2024 10 min

Pappa Chef wen brons by Kulinêre Olimpiese Spele

Pieter Malan, 'n Laeveldse chef en oud-omroeper by Radio Laeveld, het brons gewen by die gesogte IKA Kulinêre Olimpiese Spele wat onlangs in Stuttgart, Duitsland plaasgevind het. Hy werk tans in Ghana en is op besoek aan Suid-Afrika waar sy jong gesin nog woon. Hy kuier by Skedaddle.
23 Feb 2024 19 min

Petrus Sitho veg vir boere

Petrus Sitho baklei vir boere, want die regering weier om ons boere te help en te beskerm. Hy sê vir Sonop Ontbyt Suid-Afrikaners moet hande vat en saamstaan.
23 Feb 2024 10 min

So werk 'n verkeersirkel

Groter en kleiner verkeersirkels werk anders. Franco Giocondi van Nelspruit Driving School verduidelik al die padreëls wat jy al vergeet het.
23 Feb 2024 13 min

Blêrbeker 2024: Penryn-dirigente

Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Penryn se dirigente het by Sonop Ontbyt in die ateljee kom kuier.
22 Feb 2024 4 min

Blêrbeker 2024: Lowveld High

Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Lowveld High se atlete en dirigente het by Skedaddle in die ateljee kom kuier.
22 Feb 2024 9 min

Kleinsake: Geheime uit Ingrid Scheepers se kombuis

Ingrid Scheepers het in 2012 Ingrid's Kitchen begin - in haar kombuis. Sy is gaande oor bak, en brou nog ook, maar dié produkte haal nooit die mark nie. Sy sê entrepreneurs moet in hulself en hul produkte glo, want dit neem tyd om 'n ondernemind van die grond af…
21 Feb 2024 15 min

Blêrbeker 2024: Hoërskool Rob Ferreira

Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. oërskool Rob Ferreira se dirigente het by Skedaddle in die ateljee kom kuier.
21 Feb 2024 7 min

Blêrbeker 2024: Barberton-dirigente

Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Hoërskool Barberton se dirigente het by Skedaddle in die ateljee kom kuier. Willem Steyn, die waarnemende skoolhoof, en die sporthoof Johan Theron, het ook met Charles…
21 Feb 2024 15 min

Blêrbeker 2024: Bergvlam-dirigente

Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Hoërskool Bergvlam se dirigente het by Sonop Ontbyt in die ateljee kom kuier.
21 Feb 2024 5 min

Begrotingsrede: Geen vuurwerke verwag

Wat kan ons verwag van die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede vanmiddag? Werner Oosthuizen van Efficient Wealth Nelspruit sê die Nasionale Gesondheidsversekering is 'n droom.
21 Feb 2024 15 min

100 km vir Tswale

Sonell Joubert wil graag haar olifant, Tswale, se groot dam, waarvan die wal gebreek het tydens die oorstromings in Nkomazi verlede jaar, herstel. Om dit te befonds pak hierdie stapper Saterdag 'n 100 km-veldwedloop aan.
20 Feb 2024 13 min

Blêrbeker 2024: Lydenburg-dirigente

Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om 100.5FM se gesogte Blêrbeker deur die beste gees te toon. Die verdedigende kampioene, Hoërskool Lydenburg, se dirigente het by Sonop Ontbyt in die ateljee kom kuier.
20 Feb 2024 8 min

MJ Zwane Independent Schools-atletiekbyeenkoms

MJ Zwane was 'n jong atleet by Uplands wat in 2019 onderweg na 'n byeenkoms in 'n motorongeluk oorlede is. Die skool het besluit om hul jaarlikse byeenkoms vir privaatskole na hom te vernoem. Hilton Kotze van Chas Everitt, die hoofborg, het saam met Ryan McCarthy, die sporthoof by Uplands…
20 Feb 2024 9 min

BCJ my baba, al is dit moeilik

Hy sal nooit Bossies Community Justice kan opgee nie, sê Albert Gryvenstein oor hierdie nie-winsgewende organisasie wat misdade help ondersoek in die Laeveld. Hy gesels oor onlangse hoë-profiel moorde wat die area geskok het, en hul betrokkenheid by die ondersoeke.
19 Feb 2024 8 min

Interhoër 2024: Hoërskool Nelspruit-dirigente

Die sewe skole wat Saterdag aan die Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms deelneem, ding ook mee om die Blêrbeker op 100.5FM. Hoërskool Nelspruit se dirigente het by Sonop Ontbyt in die ateljee kom kuier.
19 Feb 2024 12 min

Boer in die VSA

Cronjé van der Merwe boer al verskeie jare seisoenaal in die VSA. Hy het al allerlei werke verrig, en in vier state gewerk. Hy vertel vir Sonop Ontbyt dit is hárde werk.
16 Feb 2024 11 min
420 – 440