100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,172 Episodes
440 – 460

Sassa-betaalpunte uitfaseer

Sassa-kontantbetaalpunte word toenemend beroof sowel as mense wat toelaes ontvang. Casper Vermaak van Sassa sê hulle maak dit eerder veiliger deur afgeleë kontantbetaalpunte te sluit - en dit raak nie mense wat by poskantore of banke hul toelaes ontvang nie.
16 Feb 2024 16 min

Stokperdjies: Probeer 'n bietjie ultra-trail hardloop

Werner Oosthuizen van Efficient Wealth Nelspruit, die trotse borg van Kies Koers, het ‘n interessante stokperdjie: Hy neem deel aan “ultra trail running”. Dit is 160 km (100 myl) wedlope wat 30 ure neem om te voltooi. Hy vertel meer.
15 Feb 2024 17 min

Ride for a Child: Dag 5

Pediatric Care Africa (PCA) het Sondag uit Witirivier vertrek vir die vyfde Ride for a Child-motorfietsrit om donasies in te samel vir mediese sorg vir behoeftige kinders. Vanjaar gaan hulle ook 'n wêreldrekord vir motorfietse aanpak. Dr. André Hattingh sê hulle het gister in Vryburg aangekom, en ry nou deur…
15 Feb 2024 1 min

Dra blou vir Jesslyn hierdie Angelman-dag

Jesslyn Mulder (10) het Angelman Sindroom en 15 Februarie is Angelman-bewusmakingdag. Sy nooi almal om dié dag blou aan te trek onder die tema, “We light it blue for Jesslyn”. Haar pa, Hugo, sê hul mikpunt is om mediese fondse bewus te maak van die sindroom en hulle aan te…
15 Feb 2024 15 min

Interlaer vanjaar by Nellies

Laerskool Nelspruit bied Saterdag die 2024 Interlaer-atletiekbyeenkoms aan. Alex Jonker, sportkoördineerder, kuier in die ateljee.
15 Feb 2024 11 min

Egpaar se uiteenlopende reise met kleinsake

Wendy Sippel maak al amper haar hele volwasse lewe lank natuurlik velsorgprodukte. Haar dogter kon haar mettertyd oortuig om van Crafted Cosmetics 'n industrie te maak. Haar man van 40 jaar, Arthur, se reis met Tinango Flavours, het begin met 'n sak sout. Hulle vertel meer oor hul reis met…
14 Feb 2024 14 min

Leer iets nuut: Lei jou hond behoorlik op

Ja, jou hond het opleiding nodig, en nee hy is nooit te oud daarvoor nie. Dit is volgens Hanlie Erasmus en Rika Venter van Lowveld Canine Coaching wat passievol daaroor is om hondeliefhebbers op te lei om behoorlik na hul viervoetige kinders om te sien.
8 Feb 2024 14 min

Romantiese etes op die spel vir Valentynsdag

DNATel bied vanjaar ‘n opwindende Valentynsdag-kompetisie aan op hul Facebook-blad. Jy kan ‘n romantiese ete vir twee by Orange Restaurant of die Botanical Garden Restaurant wen vir jou en jou geliefde, deur bloot te sê wat jou gunsteling liefdesliedjie is. Yolandé Calvert het al die besonderhede.
8 Feb 2024 15 min

Sonpark Mark keer terug

Die hoogs gewilde en suksesvolle Sonpark Mark maak hierdie Sondag sy terugkeer na Mbombela. Die organiseerder, Koos Schoonraad, vertel na watter uitstallers markgangers alles kan uitsien.
8 Feb 2024 8 min

Childline hier vir kinders in Mpu

Childline het in slegs die afgelope ses maande duisende oproepe ontvang van kinders regoor Mpumalanga wat hul benodig. Dr., Benita Nel sê hulle stap ook 'n pad met tans 139 behoeftige kinders, aan wie die basiese skoolbenodighede 'n wêreld se verskil sal maak.
6 Feb 2024 15 min

Ruggedwear steeds trots Suid-Afrikaans

Ruggedwear bly na al die jare trots Laeveld. Hul winkel trk tans 'n nuwe baadjie aan en Howard Rogerson en Lyzelle Chaffey kan nie wat om die publiek Maandag daar hartlik te verwelkom nie.
6 Feb 2024 7 min

Vyfde Ride for a Child skop Sondag af

Pediatric Care Africa (PCA) vertrek op 11 Februarie uit Witirivier vir die vyfde Ride for a Child-motorfietsrit om skenkings in te samel vir mediese dienste vir behoeftige kinders. Vanjaar gaan hulle ook 'n wêreldrekord vir motorfietse aanpak. Dr. André Hattingh gesels met Sonop Ontbyt.
6 Feb 2024 13 min

Sondag is Wêreldkankerdag

Elke jaar word Wêreldkankerdag op 4 Februarie herdenk. Anita Schomburg, die dienskoördineerder by KANSA Laeveld, gesels met Amanda oor die mees algemele vorme van kanker wat mans en vroue kry.
2 Feb 2024 15 min

Registreer die naweek om te stem

Almal wat kan praat het ʼn beroep gedoen op alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners om die naweek in groot getalle te gaan registreer vir vanjaar se algemene verkiesing. Minstens 27-miljoen mense het tot dusver geregistreer om te stem. Monique Bornman van die VF+ gesels met Sonop Ontbyt oor die noodsaaklikheid daarvan jou…
2 Feb 2024 7 min

Stokperdjies: Ontmoet die Mentalist

Riaan Loubser van Unigrad werk al sy hele professionele lewe in opleiding. Tog is die aantrekkingskrag van die vermaaklikheidsbedryf sedert sy kinderdae net te sterk en hou sy passie daarvoor dit as 'n konstante "kant-werkie" in sy lewe.
2 Feb 2024 18 min

Pits Paints stel Tool Hub bekend

Pits Paints verskaf al jare ook gereedskap, en het verlede jaar Tool Hub bekendgestel. Dit is 'n winkel in 'n winkel, verduidelik Herman Bornman oor sy hoogs kompeterend geprysde aanbiedinge.
1 Feb 2024 6 min

Kunsmark eintlik klein winkelsentrum

Peta de Wet reël sedert voor Covid gereelde kunsmarkte in die Laeveld wat top-gehalte plaaslike produkte ten toon gestel word. Sy vertel dit is nie 'n vlooimark nie, maar eerder 'n tipe winkelsentrum vir klein sakeondernemings. Sy deel haar passie vir kleinsake.
31 Jan 2024 10 min

Laerskool Witrivier vier 120 jaar

Laerskool Witrivier is vanjaar 120 jaar oud. Elsabe de Bruyn is deel van die reëlingskomitee. Sy vertel waarna die gemeenskap alles uit kan sien tydens hul vieringe op 1 en 2 Maart.
31 Jan 2024 8 min
440 – 460