100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,124 Episodes
460 – 480

Hoe nou gemaak met veiligheid die feestyd

Jou kans om in die Laeveld deur misdaad geraak te word is een uit drie, sê Frank Swanepoel van Hi-Tech Sekuriteit. Hy gesels met Charles oor maatreëls wat jy kan tref om jou onderneming, huis en self beter te beskerm. Hierdie tyd van die jaar is jy of by die…
17 Nov 2023 13 min

FOR SA gekant teen voorgestelde wysigings aan Spioenasiewet

Die omstrede nuwe Spioenasie-wetsontwerp is 'n baie groot bedreiging vir vryheid van geloof en miskien selfs die grootste dreigement nog sedert die ontstaan van 'n demokratiese Suid-Afrika. So sê Liesl Pretorius, regsadviseur by Freedom of Religion South Africa (FOR SA). Sy gesels met Sonop Ontbyt.
16 Nov 2023 12 min

Kleinsake Ekspo wil ondernemings na volgende vlak neem

Janine De Bruno Austin is 'n ou Laevelder wat onlangs weer haar intrek geneem het en sy is vol planne om klein ondernemings, wat dalk nog nie eens 'n besigheid is nie maar eerder 'n stokperdjie, na die volgende vlak te neem. Sy sê vir die Verkas-span dat baie mense…
14 Nov 2023 8 min

Mahindra weet voertuie moet wérk

Mahindra Nelspruit weet dat voertuie wérk en nie vir dae buite aksie kan wees wanneer hulle gediens of herstel word nie. Dit is hoekom naverkopediens baie belangrik is, sê Hein le Roux, verkopebestuurder, vir Andri.
7 Nov 2023 12 min

Uniswim Uplands gaan van krag tot krag

Dit is somer en daarmee saam is dit swemseisoen. Daiman Player het saam met Sam en Jeff Howard van Uniswim Uplands Swimming Club by Charles in die ateljee kom kuier. Luister weer hier:
6 Nov 2023 11 min

Universiteit van Mpumalanga vier 10de bestaansjaar

Die Universiteit van Mpumalanga vier vandag sy 10de bestaansjaar. Die visiekansellier, Professor Thoko Mayekiso; adjunk-hoofregter en kansellier, Regter Mandisa Maya; die adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela; en die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die amptelike seremonie bygewoon. Die universiteit het die eerste studente in 2014 ingeneem en gegroei van…
3 Nov 2023 13 min

Airlink Cup skop die naweek af

Die Airlink Cup skop die naweek af. Jimmy Stonehouse, die hoofafrigter van die Pumas, gesels met Andri en Neels oor die toernooi en hul betrokkenheid.
3 Nov 2023 8 min

Hoe nou gemaak met jou troeteldiere?

Kwaai hitte het 'n groot uitwerking op jou troeteldiere. Dr. Albertus Coetzee van West Acres Dierehospitaal gesels met Charles oor hoe om te maak om mooi na hulle om te sien asook wat jy in plek moet sit voor jy met of sonder jou dierekinders met vakansie gaan.
27 Oct 2023 12 min

Nataniël: Nooit twee keer dieselfde nie

Dit is die 20ste jaar wat Nataniël die Laeveld kom vermaak met sy oorspronklike stories, sy sang en ongelooflike sin vir humor. Riaan Loubser, wat dié konsert reël, vertel vir die Verkas-span hoekom dit al so 'n instelling geword het.
27 Oct 2023 6 min

Maginarium bied volwaardige illusie-vertoning

Die Maginarium, die grootste illusie-vertoning wat die Laeveld nog gesien het, is eersdaags op die planke te sien. Die Amazing André gesels met Amanda oor die kulkuns.
26 Oct 2023 7 min

Reef 10's dubbeld so groot vanjaar

Dit is die naweek weer tyd vir Reef 10's by Hoërskool Rob Ferreira en vanjaar is die deelnemers amper dubbeld soveel as in 2022. Charles Gates van die skool en Pieter Rademeyer van Witrivier-rugbyklub gesels met die Verkas-span oor hierdie fees van rugby, hokkie, netbal, krieket en vanjaar ook hardloop.
25 Oct 2023 9 min

Mulders vier 55 jaar van getroude lewe

Elreza en Shai Mulder van Back to the Bible Mission in Barberton het Vrydag hul 55ste huweliksherdenking gevier. Hulle gesels met Amanda oor dié avontuur.
24 Oct 2023 19 min

Steve Hofmeyr kuier in die Laeveld

Steve Hofmeyr kuier vir 'n slag weer in die Laeveld en het natuurlik ook by die 100.5FM-ateljee kom inloer. Hy gesels met Gerhardt.
20 Oct 2023 11 min

Mathews Phosa beplan marathon vir welsynsorganisasies

Dr. Mathews Phosa het beplan om 'n marathon te reël ten einde fondse in te samel vir organisasies wat mense help. Hy sê daar is soveel probleme in die Suid-Afrikaanse samelewing en dat nie-winsgewende organisasies wat die probleme aanspreek ondersteuning benodig. Die fokus is veral op geslagsgeweld, mense met gestremdhede…
19 Oct 2023 5 min

Route '74 oorskrei sy doelwit

Henrike de Wet, 'n gr. 10-leerling en KANSA-debutante by Hoërskool Nelspruit, is terug van haar motorfietsrit ten bate van KANSA. Route '74 was 'n fondsinsameling- en bewusmakingsveldtog, en herdenk ook die lewe van haar ma wat twee jaar gelede oorlede is aan kanker. Sy het saam met haar pa, Gideon,…
13 Oct 2023 7 min

Nelspruit Lionsklub wil jou help om ander te help

Daar is baie maniere om te help, volgens die Nelspruit Lionsklub. “Ek woon al 40 jaar in hierdie gemeenskap. Ek het my kinders hier grootgemaak en gewerk en dit is nou vir my ‘n kans om terug te gee aan hierdie gemeenskap.” Koos Schoonraad en Gery van Gelder gesels met…
12 Oct 2023 22 min

Leer om jouself te verdedig

Hi-Tech Sekuriteit vind die sogenaamde "silly" seisoen wanneer misdaad voor Kersfees toeneem jaarliks al hoe vroeër begin. Volgens Frank Swanepoel begin dit deesdae reeds in September. Lappies Labuschagne voeg by mense moet heeltyd bedag wees op wat rondom hulle aangang. Hi-Tech bied hoeka Saterdag 'n selfverdedigingskursus aan.
11 Oct 2023 18 min

Skool vir mense met downsindroom volgende jaar in Mbombela

Club 21 het reeds vier skole landwyd geopen spesifiek vir mense met downsindroom. Hulle beplan om in 2023 ook een in Mbombela te open. Skoolhoof, Amanda Fourie, sê dit is vir baba' so jonk as drie maande oud. "Elkeen het spesiale talente en baie om hul gemeenskappe te bied."
11 Oct 2023 10 min
460 – 480