Yulandi Jansma het uit verveeldheid tydens die grendeltydperk begin bak. Mettertyd het haar vaardighede to verbeter dat sy haa skoonpa, Frank Jansma, se Hollandse gebak-resepte aangeleer het om die Hollandse Molen te laat herleef. Sy kuier op Kies Koers.
Die Laeveldse boorling, Bernhard Hermann, het baie jare in die buiteland gewerk. Hy het Vrydagoggend saam met Neels in die ateljee kom kuier en gedeel wat hy geleer het. Luister hier.
Sybil Madlopha, algemene bestuuder van Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling, en Sipho Tibane, algemene bestuurder van Strategiese Beplanning by Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, gesels oor die ekonomiese herlewing van die streek.
Die bestuurder van Mbombela-stadion, wat Saterdag die gasheer was die vir ANC se 112de verjaarsdagvieringe, sê sulke groot geleenthede bring 'n massiewe ekonomiese inspuiting na die area, in verskeie sektore. Roelf Kotze kuier in die ateljee. Luister weer.
Die plaaslike sanger, Rhinus Lotz, het sy jongste enkelsnit, "Om by jou te wees" vanoggend in die ateljee op 100.5FM kom vrystel. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
Met die matriekuitslae wat volgende week uitkom, vertel Chrismari Aucamp, adjunkhoof van Akademie by Hoërskool Lydenburg, wat leerlinge se opsies is as hul punte nie na wense is nie. Sy deel ook wenke vir wat vanjaar se matrikulante solank kan doen om hulle voor te begin berei vir die lewe…
Lizelle Cillié het voor inperking, reeds in 2019, van nader kennis gemaak met die voordele van suurdeegbrood. Dit is nou een van haar inkomstestrome: Sy vertel hoe maklik dit is om self te begin bak vir jou gesin.
Anin Jacobs het vanoggend in die ateljee saam met Neels kom uitsaai op 100.5FM. Sy is 13 jaar gelede met Moersch-Woltman-sindroom, oftewel “strammenssiekte”, gediagnoseer. Dit is 'n seldsame neurologiese afwyking met kenmerke van 'n outo-immuunsiekte.
Leona Oosthuizen het sowat 30 jaar gelede met haar eerste besoek aan Pelgrimsrus besluit daar wil sy woon. Dit het ses jaar geneem om die droom te laat realiseer. Sy kyk nie terug nie, vertel sy vir Mireille.
Pediatric Care Africa beplan om vanjaar uit te brei na die Wes-Kaap. Voor dit beplan hulle egter die vyfde Ride for a Child-motorfietsrit met 'n Wêreldrekord-poging op 24 Februarie. Dr. André Hattingh vertel vir Mireille meer.
Regverdige Handel in Toerisme-sertifikasie is onlangs aan Ghost Mountain Inn in KwaZulu-Natal toegeken. Bea Mtetwa gesels met Charles oor die voordele daarvan vir toerisme-aanloklikhede en hoe dit al hoe belangriker word vir die toekoms.
Bergklim-entoesias, Viana van den Heever, stigter van Mountain Goats Summit X, sê volgende jaar brei hulle uit om ook fietsryers en 4x4-voertuie in te sluit, om meer mense in te sluit by hul staptogte om berge te verken. "As ek ‘n berg sien wil ek bo uitkom en sien hoe…
Theo Amstel, ‘n leerling aan Hoërskool Nelspruit, is besig om opgang in die musiekbedryf te maak met sy ukelele. Die Sonop Ontbyt-span leer hom beter ken.
Nanti Strydom is die nuwe bestuurder van Chimp Eden net buite Mbombela. Sy gesels met Charles oor hul bekende inwoners - insluitende Joao, wat sover bekend op 79-jarige ouderdom tans die oudste lewende sjimpansee ter wêreld is.
Die SANBS waarsku sy bloedvoorraadvlakke raak min en jy kan 'n verskil maak deur bloed of plasma te skenk. Vrydag beoog hulle om 70 eenhede in te samel in die skenkingsentrum by i'langa Mall tussen 09:00 en 17:00. Jy kan help om lewens te red. Palesa Makebula gesels met Sonop…
Daar word vanjaar groot Geloftefees gehou in Witrivier op 16 Desember. Hendrik Briel vertel vir Sonop Ontbyt hoekom die dag nog herdenk behoort te word.
Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette (Bela) is al ‘n stappie nader om wet te word. Openbare verhore daaroor is nou in Mpumalanga afgehandel. Sanett Oosthuizen, 'n tuisskool-ma, het dit by die Jeppes Reef-gemeenskapsaal in Nkomazi bygewoon. Sy kuier by Ludi en Mireille in die ateljee.
1 Dec 2023
19 min
480 – 500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.