Die Innibos Boekenaweek het aangebreek in Kaapsehoop en op die spyskaart vanaand is die Filosofiekafee. Die stigter, Lame Ebersohn, gesels met Sonop Ontbyt oor hoe sy dit sowat 25 jaar gelede by haar koffiewnkel op Kerkplein in Pretoria begin het om aktuele sake te bespreek en gesprek aan te moedig.
Apostle Peter Jones is in twee kategorieë benoem vir vanjaar se Sunrise Excellence Awards. Dit is as inspirerende leier en gemeenskapsbouer. Hy vertel van Amanda oor die werk wat hy doen.
Steve Hofmeyr vier vandag sy 59ste verjaarsdag. Hy sê vir Gerhardt en Vanessa hy voel nog nie soos 'n dinosourus nie. "Dit gebeur met almal wat hierdie pad moet stap. As jy ordentlik grootword gaan jy agterkom jy word eintlik ryker, jy omring jouself met dinge van regte waarde, jy…
SANCA Laeveld sê hulle bespeur 'n verhoogde verbruik van metamfetamien (crystal meth) in die Laeveld. Marina Erasmus sê 20 jaar gelede was dit 'n Wes-Kaapse probleem. Vandag in Suid-Afrika soek die meeste mense by rehabilitasiesentrums hulp vir dagga gevolg deur metamfetamien.
Die plaaslike kunstenaar, Ghost (ook bekend as Wouter de Witt) het onlangs deurgedring na die Top 10 in die Sock it to Me Internasionale kompetisie. Hy gesels met Ludi oor sy unieke, eg-Laeveldse ontwerp en hoe hy ook elders in die Laeveld op openbare spasies sy merk afdruk.
Laerskool Witrivier en Hoërskool Rob Ferreira gaan 2023 beslis met 'n knal afsluit. Stefan van der Merwe vertel vir Charles waarna jy alles uit kan sien.
Die leerlinge van Uplands kon sedert die kaalvoetdag op 1 Augustus nagenoeg 600 pare skoene insamel vir minder bevoorregte kinders. Ouers het nuwe skoene gekoop, en leerders kon hul skoene skenk. Alles is aan Feed the Need geskenk om te versprei tot so vêr as gemeenskappe in Kabokweni en Malalane…
Die Sabie Vlieghengelklub kon Saterdag tydens hul Vrouemaand-hengelgeleentheid R6 000 vir KANSA Laeveld insamel. Jani Wessels, organiseerder van die klub; Nikita Pretorius, 'n KANSA-debutant by Hoëerskool Nelspruit; en hengelaar Mariette Venter kuier in die ateljee.
Jaco van Eden, ‘n macadamia-boer van Witrivier, het toe die prys van dié gesogte neut deur die vloer val, innoverende planne gemaak om kompeterendte bly en neute ook aan die SA-mark beskikbaar te stel. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
Die Mpumalanga Skou beloof om vanjaar sy aanbieding van lewende hawe te verdubbel. Hierdie drie-dag familieskou met alles van mynbou en bosbou tot landbou en gesinsvermaak keer op 31 Augustus terug na Mbombela-stadion. Bek-en-klouseer het verlede jaar die bees-uitstalling belemmer, maar vanjaar is hulle terug, sê Lyzelle van Wyk and…
Curro Nelspruit, die nasionale wenners van die Curro Create teater-kompetisie in 2022 is terug met 'n oorspronklike stuk: "Cyberpunks". Die teks is deur 'n onderwyser by die skool geskryf en ondersoek die rol wat ouers toelaat tegnologie in hul kinders se lewens speel en die impak daarvan. Kultuurorganiseerder Alta Ehrke…
Die Laeveld 4x4-klub is bedoel vir natuurliefhebbers en avontuurlustiges. Enige fabrikaat van voertuig is welkom. Herman en Letitia Entres en Johan Spies gesels met Sonop Ontbyt oor dié stokperdjie.
St Peter's School het 'n splinternuwe hoof. Zunelle De Ru vertel vir Charles dat, hoewel akademie baie belangrik is as fondasie vir leerlinge se blinker toekoms, fokus sy ook op holistiese ontwikkeling van elke kind sodat hulle hul uniekheid en talente kan ontdek.
Timon Petterson, 'n Suid-Afrikaner wat in Mosambiek woon, het verlede jaar begin om rodeo's in Mosambiek aan te bied. Die doel is om landbou en gemeenskaplike ontwikkeling te bevorder deur bulry-toernooie. 'n Groot kompetisie skop eersdaagas, op 28 Augustus, by FACIM af. Hy gesels saam met ruiter Renaldo Pringle met…
Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub leer mense wat gedeeltelik kan sien of heeltemal blind is vaardighede wat hulle in 'n werksplek kan bekwaam. Dit sluit in rekenaarvaardighede asook kook en bak. Fanie Msiza van die hub gesels saam met Zandrè Pelser van Sibinjala, 'n geleentheidsfasiliteerder vir gestremdes, met Charles…
Die eerste Innibos Boekenaweek vind van 1 tot 3 September in Kaapsehoop plaas. Annemarie van der Walt sê liefhebbers van lees, boeke en woorde moet dit nie misloop nie.
Die groot skoonmaak aksie deur We Care for Nelspruit en die Power of 8000 was ‘n groot sukses. Vir ses dae het spanne bosse weggesny, gras is gesny en rommel opgetel. TJ Maré sê hulle kon in totaal 'n 1 001 swartsakke met vullis en rommel vul. Die area vanaf…
Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe vind vanjaar in Mpumalanga plaas. Dit skop Sondag in Pelgrimsrus af met die amptelike openingseremonie en 'n kompetisie vir deelnemers met gestremdhede sowel as 'n "Gold Rush" vir die publiek. Deelnemers van 21 lande dan tot 12 Augustus meeding om as wêreldkampioene gekroon te word. Sanjay Singh,…
4 Aug 2023
14 min
500 – 520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.