Een van sy gunsteling musikale herinneringe is die Operama op Loftus in die laat jare 90, vertel Jannie Moolman. Hy gesels met Amandag oor kere wat jy oorhaastig was in sy 30 jaar loopbaan, hoe hy perongeluk in Klassieke musiek beland het, en sy liefde vir die Bosveld. "Goed is…
Na groot volumes reën in die Laeveld is toegang tot die Krokodilbrug-ingang na die Krugerwildtuin vandag gesluit na die brug oorstroom het. Ike Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, sê verskeie laagwaterbrûe en groot paaie versper. Geen skade of beserings is egter aangemeld nie, en hulle monitor die situasie.
Saterdag is "February Madness" by die Glenwood Oval. Pieter Grundling en Wayne du Randt het by Sonop-Ontbyt kom inloer om die petrolkoppe in te lig oor dié gereelde aanbieding.
Flamboyant in Witrivier is vanjaar die aanbieder van die groot atletiekbyeenkoms vir onafhanklike plaaslike skole. Dit vind op 18 Februarie plaas by Rob Ferreira. Die hoof, Gail Van Der Riet, het saam met die sport-koördineerders Jaco Botes en Ashton Robertson in die ateljee kom kuier.
Besoekers, inwoners en atlete is gewaarsku om uiters versigtig te wees voor hulle enige waterliggame in die Laeveld betree. Dit na ‘n bergfietsryer verlede Saterdag tydens die Barberton XCM-wedren tydens ‘n swem in ‘n dam om af te koel, deur ‘n krokodil gebyt is. Andrew Geldenhuys van SARZA vertel vir…
Die veiligheid van eiendomsagente is opnuut in die kollig na 'n agent die naweek in Springs vermoor is tydens 'n huisskouing. Dewald Erasmus van Century21 eiendomme het met Charles gesels oor beveiliging.
2023 is weer ‘n Fiësta-jaar by Hoërskool Nelspruit (NHS). Dit is een ongelooflike fondsinsamelingsjaar wat sedert 1986 slegs elke vyf jaar plaasvind om te verseker elke Nellie-leerling ervaar dit een keer in hul skoolloopbaan. Vanjaar is die tema, “NHS gaan groot” en die einddoel is om sonpanele by die skool…
Brandstof het om middernag weer duurder geword. AMI Emissions het egter ‘n toestel wat jy in jou brandstoftenk installeer wat deur elektromagnetiese golwe die brandstofmolekules uitmekaar trek om meer suurstof tussen deeltjies toe te laat en voilà, dit brand skoner. Die gevolg is 'n groot verbetering op uitlaatgasse én brandstofgebruik…
Esmé Ferreira was die gelukkige wenner van vier splinternuwe bande van Supa Quick Mbombela en 100.5FM. Deelnemers moes in Desember en Januarie vyf vrae binne 30 sekondes reg antwoord om vir die gelukkige trekking in aanmerking te kom. Esmé vertel vir Mireille meer oor haar voertuie wat spesiaal aangepas is…
Die Klas van 2022 by Hoërskool Nelspruit (NHS) het bo verwagting by die eise wat die Covid-19-pandemie en beurtkrag aan hulle gestel het aangepas om uitstekend te presteer in hul eindeksamen. Die groep van 282 kandidate het ‘n slaagpersentasie van 99,6% behaal. In totaal het 93,9% (265) universiteitstoelating verwerf. Die…
AfriForum beplan om sy eie elektrisiteitsopwekkingsmaatskappy te begin. Die kragstasieprojek sal nie ‘n kitsoplossing wees nie, maar die organisasie glo dit sal uiteindelik help om die elektrisiteitsprobleme aan te spreek. Johan Kruger, hoof van gemeenskapsontwikkeling, gesels met Ludi en Mireille.
Innibos Kunstefees is verlig en opgewonde om eindelik weer ’n volwaardige kunstefees aan te bied vanjaar nadat Covid-regulasies dit die afgelope drie jaar gekortwiek het. Die feesdatum is 29 Junie tot 2 Julie. Media- en bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, sê die tema is vanjaar “Vars” wat die organiseerders se opgewondenheid weerspieël…
Die Pumas het vandag span gebou met 'n Amazing Race deur die dorp. Van die spelers het skoon agter die mikrofoon ingeskuif en omroeper gespeel tydens hul stop by 100.5FM.
Die plaaslike tydrenryer, Eben Basson, van Komatipoort en sy medebestuurder, Leander Pienaar, het hul eerste Dakar-tydren in die sewende possisie afgesluit vir die G Rally-span in die T3-klas. Hulle het ook die wennersmedalje in die Liggewig Prototipe Nuweling-kategorie verower. Hy het by Andri in die ateljee kom kuier.
Die kragkrisis verbeter nie, en dit het al hoe meer ‘n uitwerking op watervoorsiening. Hoe gemaak as jy dit begin oorweeg om dalk 'n JoJo-tenk by jou huis te installeer? Francois Marais van Meps Plastic Man het met Charles gesels oor die moets en moenies.
By Uplands College (wat in 2022 weer ‘n 100%-slaagsyfer behaal het met ‘n indrukwekkende 99% van kandidate wat universiteitsvrystelling het) het Angela Mabuza sewe A-simbole verwerf. Sy sluit by haar klasgenote Chantal Bourdin (met nege onderskeidings) en Natsha Wales (met agt) aan om te pryk op die IEB-lys van uitmuntende…
Niël Jacobs neem op 1 Februarie die leisels van Laerskool Laeveld by mnr. Theo Kruger oor. Die jong onderwyser in sy hart gesels met Ludi en Mireille oor die uitdagings en momentum wat hulle vorentoe neem.
Die matrieks wat in 2022 die Onafhanklike Eskamenraad (IEB) se eindeksamen afgelê het het vir die sesde agtereenvolgende jaar ‘n slaagsyfer van meer as 98% behaal. Uplands College, Penryn College en Curro Nelspruit het almal ‘n 100%-slaagsyfer behaal. By Curro Nelspruit was Gouri Haneesh die toppresteerder. Sy het agt onderskeidings…
Waar in die Laeveld was ons? Jou wenke was: “Rigting”, “1942”, “Deel van agt” en “Onderstebo”. Tussen Tshokwane en Satara-ruskampe in die Krugerwildtuin staan die mees suidelike (wenk #1) natuurlike (nie geplant of oorgeplant nie) kremetartboom in Suid-Afrika. Hy word sedert 1942 (wenk #2) deur wetgewing beskerm. Die kremetart is…
Majoor-generaal Nico Gerber is aangestel as die nuwe Valke-hoof in Mpumalanga. Hy verwang Majoor-generaal Zodwa Mokoena wat in Desember afgetree het as die provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke. Hy gesels met Mireille.
13 Jan 2023
7 min
780 – 800
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.