100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,174 Episodes
800 – 820

Ontmoet Mpumalanga se nuwe Valke-hoof

Majoor-generaal Nico Gerber is aangestel as die nuwe Valke-hoof in Mpumalanga. Hy verwang Majoor-generaal Zodwa Mokoena wat in Desember afgetree het as die provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke. Hy gesels met Mireille.
13 Jan 2023 7 min

Dakar 2023: Basson bly in sewende plek met drie skofte oor

Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy spanmaat Leander Pienaar lê net voor die afskop van die 12de skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië steeds algeheel sewende in die T3-klas. Hulle ry tans in die sogenaamde Leë Kwartier en verskeie deelnemers moes gisteraand in die duine oornag.
13 Jan 2023 2 min

Hoe gemaak met beseerde wild in die Laeveld?

In die Laeveld kry inwoners gereeld te doen met wilde diere - en soms word hulle beseer. Die verkeerdste ding wat jy kan doen is om hulle self te probeer dokter, vertel Anneke van Schoor, ‘n vrywilliger van Wild and Free Wildlife. Die organisasie sien om na en rehabiliteer beseerde…
11 Jan 2023 17 min

Dakar: Basson en Pienaar lê sewende na negende skof

Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy medebestuurder Leander Pienaar het gister vyfde geëindig in die negende trajek van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië om nou algeheel sewende te lê in die T3-klas. In die T1-klas het Nasser Al Attiyah van Katar 'n algehele voorsprong van 1 uur en 21 minute…
11 Jan 2023 2 min

Mpumalanga gereed vir heropening van skole môre

Leerlinge wag steeds om in Mpumalanga-skole geplaas te word voor staatskole môre vir die 2023 skooljaar heropen. ‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die meeste graad een en graad agt leerlinge is suksesvol in skole geplaas. Die wat nog op plek wag is hoofsaaklik in vinnig groeiende…
10 Jan 2023 15 min

Vierdag werksweek-loodsprojek begin volgende maand

'n Proeflopie om navorsing te doen oor die impak van 'n vierdag-werksweek in Suid-Afrika skop in Februarie af. Dit is reeds in verskeie Europese lande op die proef gestel. Die idee is om aan werknemers 100% van hul salaris te betaal in ruil vir 80% van hul gewone werksure -…
10 Jan 2023 4 min

Dakar-tydren nou halfpad

Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië in die T3-klas. Hulle ry vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België. Nou dat die ren die halfpad-merk bereik het, geniet die spanne vandag 'n afdag, sê hy.
9 Jan 2023 2 min

Reënwaarskuwing in die Laeveld nou vlak 9

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het hul oranje vlak 5-waarskuwing vir die Laeveld verhoog na vlak 9. Dit geld vanaf middernag tot 1-uur môremiddag vir Ehlanzeni-distrik en Mkhondo-munisipaliteit. Tussen 60 en 100 mm reën word verwag, en meer as 100 mm op plekke langs die platorand. Die weerdiens waarsku die kanse op…
5 Jan 2023 8 min

Weervoorspeller veruidelik beduidende impak van naderende reën

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die Laeveld vandag. Mbombela, Thaba Chweu, Nkomazi en Bosbokrand kan vanaf laatmiddag tot môreoggend hoë reënval te wagte wees. Dit kan tot plaaslike oorstromings lei en paaie en verkeer affekteer. Mense is aangeraai om dit eerder…
5 Jan 2023 2 min

Basson: Skof 5 van Dakar skop vandag af

Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. Huller y vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3. So lyk die situasie voor die begin van die vyfde skof vandag.
5 Jan 2023 1 min

Dakar 2023: Eben Basson Dag 3

Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. Huller y vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3. Basson vertel hoe skof 3 gister verloop het. Luister weer hier.
4 Jan 2023 3 min

Tieners skep eie verhoog met 'Venter en vriende'

'n Groep plaaslike tieners met drome om die musiekwêreld te betree, het hul moue opgerol en self 'n konsert gereël. Berno Venter, Neelsie van Dyk, Michelle de Lange, Juvan Sewenster en Reney Wessels is Vrydagaand in die Sudwalagrotte te sien in "Venter en vriende". Berno gesels met Ludi en Mireille…
4 Jan 2023 9 min

2022 Hoogtepunte: Pumas bring die Curriebeker huis toe

Die Airlink Pumas het op 25 Junie geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit die gesogte Curriebeker te wen. Hulle het die finaal teen die Griekwas in Kimberley met 26-19 gewen. Dit was ook die eerste keer dat hulle die eindstryd van die Curriebeker gehaal het. Afrigter Jimmy Stonehouse…
29 Dec 2022 6 min

2022 Hoogtepunte: Oplossings vir toerismeveiligheid

2022 het afgeskop met 'n 14-jarige wat in haar been geskiet is terwyl sy saam met haar ma en jonger boetie op pad was terug huis toe van vakansie af in die Krugerwildtuin. Die gesin van Pretoria het in Pretoriuskop gekamp en het die wildtuin by Numbi-hek verlaat. Linda Grimbeek…
20 Dec 2022 5 min

Nuwe bakkie patrolleer ook voortaan die N4

Frank Swanepoel van Hi-Tech Nelspruit kuier in die ateljee saam met Charles en gesels oor die nuwe voertuig wat geskenk is waarmee hulle voortaan die N4 sal patrolleer om reisigers veiliger te hou.
5 Dec 2022 9 min

Phosa: 'Ons het elke deel van die Grondwet gevier'

Politici moet ophou op die regbank te kritiseer wanneer hulle nie van hul uitsprake hou nie, sê dr. Mathews Phosa. Hy was een van die uitgelese sprekers by die onthulling van ‘n bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, gister by die Mpumalanga Hooggeregshof…
2 Dec 2022 3 min

Bronsbeeld onthul van regterpresident Francis Legodi

‘n Bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, is gister by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela onthul. Bernard Ngoepe, afgetrede regterpresident van die Noord-Gauteng Hooggeregshof, sowel as dr. Mathews Phosa was van die sprekers. Legodi tree volgende jaar, op 69-jarige ouderdom en na 20…
2 Dec 2022 3 min
800 – 820