100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,174 Episodes
820 – 840

Hoe nou gemaak? Padveiligheid hierdie feestyd

Die feestyd het met 1 Desember amptelik aangebreek en daarmee saam is meer mense op reis, en dalk meer geneig om onverantwoordelik op te tree. Solange Soares van TRAC N4 gesels met Charles oor padveiligheid op die N4 hierdie feestyd. #Hoe nou gemaak?
2 Dec 2022 12 min

Kenner: Indiese spreeus is nie regtig so nadelig nie

Indiese spreeus, 'n indringerspesie, het baie goed aangepas om in stedelike omgewings te floreer. Hulle het 'n baie swak reputasie en is allermins geliefd. Tog sê dr. Garth Batchelor hul reputasie is 'n bietjie onverdiend. Hy gesels met Ludi en Mireille.
1 Dec 2022 10 min

TJ Maré Care 4 Nelspruit

We Care 4 Nelspruit werk hard om die dorp skoner, veiliger en mooier te maak. Die afgelope drie dae het hulle die hele area rondom die Boschstraat-glybaan skoongesny en rommel opgetel dat dit amper onherkenbaar is. TJ Maré vertel van hul suksesse en planne vorentoe.
1 Dec 2022 18 min

LifeLine: Emosionele geweld is al hoe meer algemeen, en man is ook slagoffers

Die jaarlikse 16 dae-veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het Vrydag afgeskop. LifeLine Nelspruit hou Maandag 'n bewusmakingsgeleentheid daaroor by die Promenade-sentrum in Mbombela. Jessica Prim en Annriette Slabber, die direkteur van LifeLine Nelspruit, het met Ludi en Mireille gesels oor die verskillende vorms van geweld tussen…
28 Nov 2022 13 min

Ramp afgekondig na stormskade in Hazyview

Groot skade is in veral Hazyview aangerig deur storms verlede week. Die provinsiale regering het vinnig reageer en 'n provinsiale ramp afgekondig. Jacques Benade, hoof van rampbestuur in Mpumalanga, gesels met Ludi en Mireille.
25 Nov 2022 9 min

Laeveld Ervaring: Barberton Gemeenskapsforum op die been gebring

Die Barberton Gemeenskapsforum snoer toerisme, die plaaslike polisiëringsforum, belastingbetalers en georganiseerde sake saam onder een vaandel om die dorp skoner, mooier en veiliger te maak. Hulle beplan ook om moontlik ‘n stadsverbeteringsdistrik te stig, sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) vir Robin. Skakel elke Woensdag om 10:30 in vir…
24 Nov 2022 3 min

#BokVrydag voor Bokke se Noordelike toer ten einde loop

Môre is nie net Swart Vrydag (en betaaldag) nie, maar ook #BokVrydag want die Springbokke speel Saterdag teen Engeland, die span wat hulle in die 2019 Wêreldbekereindstryd om die titel kon klop. Gerhardt waag sy voorspelling.
24 Nov 2022 3 min

67 Blankets hekel 6 m Kersboom

Die grootste gehekelde Kersboom in die land word eersdaags in Witrivier opgerig. Vanaf Saterdag 3 Desember sal die boom, van meer as 6 meter, by by Casterbridge te sien wees. Penny Bowden, ‘n ambassadeur vir 67 Blankets – for Nelson Mandela Day in Witrivier, sê meer as 1 000 vierkante…
23 Nov 2022 10 min

McKenzi Meyer dalk op pad na Antarktika

McKenzi Meyer, ’n gr. 11-leerling aan Penryn College, is gekies as een van die top 100 “Matrics in Antarctica”. Dié kompetisie bied vyf Suid-Afrikaanse leerlinge die geleentheid om na Antarktika te reis, en meer te leer oor volhoubaarheid, bewaring en verskillende ekosisteme. Sy gesels met Ludi en Mireille oor hoekom…
22 Nov 2022 9 min

Laevelders bring ses medaljes terug van wêreldkampioenskappe in Madeira

Ses Laeveldse vyfkamp-atlete het aan die onlangse Wêreldkampioenskappe vir biathle/triathle in Madeira deelgeneem. Suid-Afrika kon die meeste (26) goue medaljes huis toe bring. Hannah Morgado (o.9) is die wêreldkampioen in die tweekamp. Ciska van der Merwe (o.11) en Reuben Matthyson (o.11) spog elk met twee silwer medaljes. Eben Obermeyer (o.13),…
18 Nov 2022 15 min

Jakkie Louw bring hulde aan Theuns Jordaan

Jakkie Louw is terug met ‘n prettige partylied. “Plaashond” is ideaal vir die klankbaan van die naderende feestyd. Hy het ook met Andri gedeel watter groot rol Theuns Jordaan, wat gister ‘n jaar gelede oorlede is, in sy loopbaan gespeel het.
18 Nov 2022 4 min

Bafana in aksie by Mbombela

Bafana Bafana sê vanaand om 20:30 vir Mosambiek die stryd aan by Mbombela-stadion. Die nasionale sokkerspan is onoorwonne in al die wedstryde wat hulle sedert 2010 by dié stadion gespeel het. Hulle speel Sondagmiddag 'n tweede vriendskaplike wedstryd in die stad wanneer hulle om 14:30 teen Angola uitdraf. Bafana het…
17 Nov 2022 6 min

Eurowings Discover landing: Helmut Wölfel

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland. Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek. Helmut Wölfel, die kommersiële hoof van Eurowings Discover, sê dit is 'n eerste.
17 Nov 2022 1 min

Eurowings Discover landing: Burgemeester Sibongile Makushe

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland. Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek. Mbombela burgemeester, Sibongile Makushe, sê sy hoop dit is die eerste van vele.
17 Nov 2022 1 min

Eurowings Discover landing: Oupa Pilane

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland. Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek. Oupa Pilane van SATSA en Kruger-Laeveld-toerisme sê die area kang root munt hieruit slaan.
17 Nov 2022 4 min

Eurowings Discover landing: Andre Schulz van Lufthansa / Eurowings

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland. Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek. Andre Schulz van Lufthansa / Eurowings sê 80 passasiers het met die eerste vlug aangekom.
17 Nov 2022 1 min

Eurowings Discover landing: Duitse ambassadeur Andreas Peschke

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland. Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek. Duitsland se ambassadeur aan Suid-Afrika, Andreas Peschke:
17 Nov 2022 5 min

Departement waarsku oor uitbreek van masels in die Laeveld

Die Mpumalanga gesondheidsdepartement is op ‘n hoë gereedheid na drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig is. Volgens die departement is die gevalle tussen 1 en 10 November onder drie kinders van tussen 18 maande en ses jaar oud in Lydenburg en Bosbokrand aangemeld. Reaksiespanne is geaktiveer en die mense…
16 Nov 2022 15 min

Verskerpte sekuriteit die feestyd in die wildtuin

Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) skerp sy veiligheidsmaatreëls vir die komende feestyd op wanneer meer besoekers verwag word. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, sluit maatreëls wat ingestel word groter toesig en meer wagte by ingangshekke, voertuigbeheer en die verifiëring van die insittendes se identiteit in. Veldwagters, sekuriteitsdienste en toegewyde honde-eenhede sal…
14 Nov 2022 1 min
820 – 840